20.3.12

Chris en Aimee se troue - UITEINDELIK!!

Dis min dat mens met 'n game drive voertuig na 'n troue toe aangery word. Troue in die bos, onder 'n boom!! (Ek voel al lankal dis hoe kerk ook moet wees, want mens dan baie nader aan die Skepper en die Skepping).



My pragtige vrou (van al dig by die 13 jaar!!)


Saam met al ons ou pêlle van ons Krugersdorp dae.



Dominees regs, bruidegom middel, best man links.
Sy kon eintlik enige een gekies het...


Martin en Riana, die bruidegom se trotse ouers. One het net weer besef dat, ten spyte van die feit dat ons hulle dalk een keer per jaar sien, hulle nog steeds van ons beste vriende is, en so...


Aimee was verseker een van die gelukkigste bruide wat ek nog ooit gesien het.


"Done deal", dink Chris; "Ja .. my seun .. jou klein bliksem...", dink sy Pa (baie trots), terwyl Aimee se Pa teken op die dotted line.


Chris check net of al die informasie reg is. Plaas het ek ook dit gedoen 13 jaar gelede, want ek het later besef dat my ID verkeerd is op die huweliksertifikaat (danksy Prof Piet Strauss wat ons getrou het).


Happy, very happy!!




En dan was daar 'n unieke bostoilet.
Ek dink dit was great; uitstekende idee!





Die Cradle - wye oop spasies, oorsprong van die mens.


Marinda en Curly help mekaar af tot by die restaurant.



Cheers!! Die eerste dop van BAIE...





Chris het lekker deurgeloop; hy het rowwe vriende.



Die bruid en haar Pa open die dansbaan!!



Later die aand is die koek gesny, maar ek kan regtig nie veel onthou nie...