Jan-Hendrik was baie hartseer die aand voor die tyd want hy wou nie aanvaar dat ons Mamma se "geel" kar vir ander ooms gaan gee nie. Hy is van die opinie dat daar niks fout is met die geel kar nie.
Ons het hom rustig gekry deur te belowe dat die nuwe kar eintlik syne sal wees, en dat die kar se naam "Star Wars Fortuner" is.