23.4.11

Lana se doop!

Sondagoggend, 3 April 2011; ons doop vir Lana my pragtige dogter!!!

En saam met haar is nog 8 ander babas gedoop; 'n rekord in die gemeente.. (al die pappas lyk so effe oorgewig; ons almal werk te hard dink ek)


Ouma Riana bring vir Sussa in..



Ek het vir my dogter en vir my pragtige vrou van 12 jaar 'n mooi stuk musiek gespeel aan die einde van die diens. Meditation van Massenet. Goed gegaan behalwe vir een klein hakplekkie (en ek dink net my ma het dit gehoor). Volgende keer wat ek spesiaal vir Lana in die kerk speel is seker met haar troue... in die toekoms gaan ek seker maak dat sy SAAM met my speel.


Hoe lyk geluk? So... (terwyl ek hierdie blog entry skryf luister ek na die middel beweging van Brahms se dubbelkonsert; en ek veg teen so 'n lastige traan in my oog; so - weet ek - voel geluk...)



Jan-Hendrik het die hele oggend vir almal gegrom en gebrul; selfs in die kerk moes ek hom in sy binnebeen knyp om nie oor te gaan tot 'n volledige kop-gooi-oop-bek groot-pappa-brul nie; ek kyk vir die dominees en hy kyk vir die gemeente... gelukkig toe los hy die brullery en gee my 'n kopstamp of twee. Ek kon die mense hoor giggle...






Brul, brul, grom...


...tot meeste mense se vermaak... (ek wonder wanneer dit gaan verdwyn..)





Na die tyd het ons 'n heerlike onthaal-tee by Sheppards Boutique hotel gehad; wonderlike mense, wonderlike kos, wonderlike uitsig oor die Laeveld. Een van my gunsteling plekke in die Laeveld!!





cheeeeese...



Naamgenote... baie trotse ouma!! Dankie Ouma, vir die pragtige rok wat julel laat maak het vir my pragtige dogter op hierdie spesiale dag in haar lewe!!





Ja, my liewe dogter; ek is BAIE lief vir jou!!!



Die kleintjie op Tanya se heup lyk baie mooi; so maak nou gou-gou die studies klaar julle twee (Jan-Hendrik en Lana se peetouers!!); julle kort drie van julle eie!






Ons is baie gelukkige mense!! Lewe in die mooiste land ter wêreld, en ons het 'n groot gelukkige familie en baie vriende!! Life is magnificent!! Dankie vir almal wat hier was en vir almal wat vir ons mooi boodskappe gestuur het!