Die span het dit goed gedink om een aand met alkohol te eksperimenteer. Die span (in my opinie) het 'n oordeelsfoutjie gemaak. Die hoofpyn die volgende oggend was steurend. Ek wou kom vir 'n scan, net om meer ernstige patologie uit te skakel. Finale diagnose - babalaaaaaas.....!!!
Daar is baie twak gepraat, en baie gelag. Sommige manne het selfs begin om goeie goed van die Sharks te sê... dop maak mens dom, lyk dit vir my...
Ja, dit het rof geraak later die aand. Al die glase was gebreek; ons was verplig om uit die bottels uit te drink...
En vir pudding - don pedros; baie daarvan... vir elkeen twee of drie (of vier; ek kan nie onthou nie)...