Ons het besluit om gedurende die koudste week in die Winter in Virginia, en dan daarna in Bethlehem te gaan kuier. Ons het heerlik saam met die familie gekuier. Sussa was 'n absolute hit...
Hier saam met Ouma en Oupa
En saam met Oupa Wes (Oupagrootjie); hy lyk so klein bietjie ongemaklik met so 'n klein dogtertjie op sy skoot...
Enigiets om die koue weg te hou...
En sy was mal oor Versushka - het baie lank op haar skoot gesit; baie gemaklik gevoel by haar. sy is nog nie vreeslik warm teenoor vreemdelinge nie...
Conraad en klein Tiaan; Jan-Hendrik en hy het eintlik heel lekker saam gespeel. Die kompetisie vir goed (Myne!!!) was nog daar, maar hanteerbaar...