In die middel van my vakansie het ons een aand Baberton toe gery vir ons Voorsittersproe wat ek gereël het. Ek het baie moeite gedoen om een goeie bottel uit elk van die afgelope 13 proeë weer aan te bied, maar het baie vroeg in die aand al met 'n skok agter gekom dat die wyn nie genoeg was nie (13 bottels!! 8 mans!!). Ek en Marinda het mekaar halfpad ontmoet op die Baberton pad want sy moes nog 'n paar Kakonkoppe vir my bring. Dis ook ge-pollish...
Almal het baie vars begin...
Die aand het egter skeef gedraai toe ek en my Pa weg was om die extra wyn te gaan haal. Almal het dalk té veel gedrink, maar die manne het hulle self baie geniet (en die volgende oggend mjet baie moeite wakker geword...)
Oupa en Jan-Hendrik het ook die volgende dag tyd gehad om bietjie te bond.
A great time was had by everybody.
(Ek is effe bly dis verby!!)
En daar is BAIE fotos wat ek nie kan wys nie (AL die dronkgat-mans-kaalgat-in-die-swembad fotos; en baie fotos was hopeloos uit fokus...)