Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
4.11.10
Gholftoer - Pinnacle Point
PINNACLE POINT!! Now this is something else. Ek dink die baan is gebou vir die oog, en nie regtig vir die gholf nie. Dis 'n wonderlike plek om te speel, maar dis baie maklik om hier sleg te speel. Af van die fairway af is 'n lost ball. Balle raak net weg in die fynbos, en daar is slange, skerpioene en baie ander gevaarlike goed in hierdie bosse. Die ander manne sê vir my die fynbos ruik heerlik as jy jou bal daar gaan soek, maar ek sal nie weet nie; ek het maar seker gemaak dat ek in die fairway loop. Ou Bokkie Lemmer het die volgende dag met ontbyt nog die fynbos bosluise van sy lyf af getrek...
Maar die plek is pragtig!! En elke gat is 'n absolute meesterstuk!! En die hoogte verskille tussen houe waarmee mens moet rekening hou was vir my iets baie vreemds - PW op 160m op party gate; 5-yster op 120m op ander plekke, ens. En dit sonder wind (ons het op 'n nat en koue reëndag gespeel; die wind het weg gebly).
Moeilike stokkeuses; risk-reward besluite... Op elke gat. Heerlike toets vir gholf..
En op elke gat is daar 'n wonderlike uitsig!! Omtrent geen water op die baan nie, behalwe natuurlik vir die see; en die see is in spel op meeste gate...
Die verloorspan.. Theo Stronkhorst en Piet Scheepers.


Jean Nel het 'n hole-in-one geslaan op die 13'e - korterige gat oor die rotse. Ek het 'n 9-yster agter op die green geslaan (was bietjie bang). Hy het 'n PW binne by die gat geslaan; sy eerste ooit; almal was baie opgewonde; sommiges was emosioneel; almal was jaloers. Wat 'n fantastiese baan vir 'n 1. Die score card sê baie - kyk na die res van sy telling - baie nulletjies, maar seker die beste rondte van sy lewe. Die vraagtekens onder sy telling is Alex Kuhn wat ook 'n 1 vir 4 wou gehad het, aangesien ons 'n scramble dryf gespeel het... die organiseerders van die dag het hierdie voorstel van die hand gewys..