Tydens ons toer was ons basis Oubaai. Fantastiese hotel met 5-ster geriewe. On skamer nommer 150; ek en Bokkie Lemmer het gedeel. Ek was die hele toer lank siek, en ek moet sê dat dit bietjie intimiderend is om 'n sinusitis, post-nasal drip brongitis te hê en die kamer met die ENT dokter te deel. Ek was bang ek word wakker met verbande oor my neusbrug... Maar toe kom ek agter hy snork ook maar...



Hierdie plek het my net weer tot die besef gebring dat té veel mense in Suid-Afrika té veel geld het en dit mors; dit terwyl meer en meer Suid-Afrikaners daagliks sterf aan TB en armoede. Moeilike gedagtes...