2.7.10

Die FIFA World Cup in Nelspruit.

Die World Cup is so-te-sê verby. Brazilië het vandag verloor teen Holland in die Kwarteindrondte, en tans is die telling 1-1 tussen Ghana en Uruguay. Môre speel Duitsland teen Argentinië (eina!) en Paraguay teen Spanje. Vreeslike spanning (as jy 'n sokker mens is).

Hier is onse moerse stadium in Nelspruit - ek was by 3 van die games, en ek wys graag van die fotos wat ek geneem het. Verskoon maar my effe sarkastiese houding, maar ek voel tog aan die ou end was dit 'n vreeslike gemors van geld; dit terwyl ons mense vrek van die honger en die AIDS. Dit is vir my eintlik 'n saak van "wie was almar daar..."

Die Chillies was daar in groot getalle, en hulle het 'n vreeslike geraas gemaak..



Die Honduras was ook daar; minder, maar net so loud..


Marinda was daar vir een van die games..

Ek was daar met 'n baie klein vuvupela..

FIFA was daar (om hulle geld te kom haal)..
Zakumi (made in China) was daar ..
Die moer met die vuvuzela was reg langs jou..

Die boerseun was daar.. Kyk hoe baie stel die kind belang in die game!
Die black diamonds was daar - kategorie A kaarjies en al die bybehore..

Die ou sokkerkenners was daar - katergorie D kaartjies; kyk na lande wat hy nie eers ken nie.

Dan was daar diegene wat vergeet het dit word koud as die son verdwyn..

Die honderde swart skoolkinders wat gratis kaartjies, kospakkies en vuvuzelas gekry het by FIFA en die local government..

Die ouer swart skoolkinders wat vergeet het daar is wit en geel in die landsvlag.

Dan was daar dié wat mag kyk, en dié wat nie mag nie..

Daar was die New Zeelanders wat hulself sleg gedra het..

... met hul hardwerkende ouers se geld (wat die game op die TV kyk in Auckland)..

En dan natuurlik al die Italianers, of eerder die Suid-Afrikaanse witmense wat Italië ondersteun het. Ek weet dit want toe die Italiaanse volkslied begin het niemand saam gesing nie. Hulle het ge-SMS vir pelle in Plet.
Common chicks met cheap sunglasses (in die koelte)..

Regte Italianers wat rondkyk of hulle nie alleen is nie..
Ouens wat gekom het om fotos te neem..
En natuurlik die spelers..

Met groot eerbied word die volksliedere geluister..

Die wat van ver af kom - dalk nog Romeo en Juliet self?

Die New Zeelanders wat self nie kon glo toe hulle score nie. Hier het Italië besluit om eerder vroeg huis toe te gaan...

Wat 'n magnificent stadium! Ek hoop dit word weer na die World Cup gebruik.

My Pa was daar. Ons het die game tussen Australië en Serwië gaan kyk. En vreeslik geniet!
... met Coke Zero. Die tou by die R30.00 Budweisers was té lank (dronk Ausies...)
Die Ausies was daar in groot getalle. Voel soos Vrystaters - nice mense; nes ons.




En dan was daar die locals wat Australië ondersteun het omdat hulle nie weet waar Serwië is nie...
Ek het self nie lekker geweet waar sommige van die lande is wat in die World Cup deelgeneem het nie. Sien die kaarte hieronder.





Ek dink die World Cup was so ver 'n groot sukses. Kos net 'n vreeslike klomp geld, en ek weet die korrupsie was groot aan die gang; reg van die begin af. Maar ek het dit geniet, so-0ok Marinda, Leon Stroebel en my Pa (al my gaste), en Sunnyboy vir wie ek my laaste twee kaartjies gegee het (Ivoorkus vs. nog iemand). Ek verkies maar rugby.