Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
29.6.10
Soos gewoonlik - gholf op Southbroom
Soos elke jaar wanneer ons met vakansie is in die Natalse Suidkus - gholf by Southbroom is 'n MOET, en die baan is in 'n uitstekende toestand. 'n Mens kan sien dat hulle baie moeite gedoen het om die baan so mooi te kry. Op al die gate is daar nou paadjies vir die karretjies; daar is verskeie nuwe bowwe gebou, en daar is ook gewerk aan die dreinasie van sommige fairways. Ek het die dag vreeslik geniet - my eie sak gedra vir al 18 gate; defnitief die moeite werd om bietjie uit te kom. Daar het 'n ligte Suidkus windjie gewaai (stormsterk in Nelspruit terme).