24.3.10

'n Vinnige kuier...

Ons het 'n heerlike maar vinnige kuier gekry hier in Nelspruit - Oom Tros en Tannie MalPetro uit Randfontein - oppad Mosambiek toe om te gaan visvang. Dit was baie goed om hulle weer te sien. Nou weet hulle waar ons bly - kan gerus weer kom kuier. Jan-hendrik wa svan die eerste oomblik af MAL oor hulle! Wou niks van sy Ma en Pa weet nie.

Verjaardagpartytjie in die Kruger Wildtuin.

'n Kinderpartytjie in die Wildtuin - ek het nog nooit so min wild in die Kruger Wildtuin gesien nie, maar dit was 'n heerlike dag saam met goeie geselskap! Ons klomp het die Malelane kamp oorgeneem, en daar was klein mensies orals! Die tema was feetjies en kaboutertjies! En daar is verskriklik baie moeite gedoen - die mamma van die kind werk al maande seker aan al die goedjies op die tafels en al die speelgoed en eetgoedjies in die goodie bags, ens.
En natuurlik was daar 'n fantastiese koek!


Marinda was glo mal oor die pannekoeksous!

Hier is die verjaardag prinsessie se queen mother Cara, en sy was 'n groot sport - baie pannekoeke gemaak, en selfs by die "foefieslide" afgegaan... en haar pantie vol water gekry ... gepraat van 'n stroperige pannekoek!

Hier is die verjaardagmaatjie (Carli) en haar oupa Arthur Meneke.

Die res van die dag het ons gesit en die Saterdag eerbiedig op die manier wat dit bedoel is - rugby! En toe wen die Sharks wragtag hul eerste weg-wedstryd nadat hulle omtrent alles by die huis verloor het! Voor sit Andre (ek-drink-niks) Erasmus.

Oupa en Ouma kom kuier vir die naweek!

Die skoonouers het vreeslik lekker hier gekuier laas naweek. Jan-Hendrik was onmiddelik mal oor sy Oupa; dit het so 'n dag gevat voor hy happy was met Ouma. Hy was soos altyd die middelpunt van belangstelling. Hy dink sy Oupa is baie snaaks; hulle het ure lank gespeel!


Sondag middag op die stoep. Oupa fix iets; Pappa bou 'n vliegtuigie uit klein stukkies plastic...
En natuurlik die groot geskenk van Oupa en Ouma - 'n polisie trapkar - met baie sirene klanke en selfs 'n selfoontjie (gelukkig sonder enige klanke).

Laeveld bruide!

Wie het gesê 'n bruid dra net wit - kyk hoe mooi is hulle in rooi, geel ne pienk! Elke maand is daar ten minste een groot boom in die Laeveld wat oortrek is met blomme. Dis werklik 'n baie mooi en kleurvolle plek.

'n Gewone papierbas doringboompie met vreeslik baie gom op die stam. Ek weet nie hoekom nie, maar dit maak pragtige fotos. Kyk net!


Die goggas in ons tuin!

Die spinnekoppe in my tuin is amper so groot soos die slakke, en die slakke is groot genoeg dat jy jou enkel sal breek as jy in die donker oor hom val; en ek dink nie hy sal 'n moer omgee wie of wat jy is nie, want hulle is soos trekkers - stop vir niks nie. Kyk mooi na die spinnekop fotos - vergroot dit as jy moet - kyk na daai oë! Die slak se oë kon ek nie lekker fokus nie - vreemde kopvorm, jy sien...





Die perfekte gesig!

Kyk daai oë!

Ons pragtige honde

Ons "ander" kinders waarvoor ons baie lief is, maar ons noem hulle nooit. Naka is deesdae so effe iesegrimmig - hy byt sommer 'n vreemdeling, en hy is ook so bietjie van 'n rassis (en ek vra wie is deesdae nie?). Ek dink hy is al by tye wat ons nie by die huis was nie deur een van ons mede-Afrikaners geboelie. Hy raak vreeslik gou die hel in, maar hy raak ook vinnig druipstert as iemand vinnig op hom afkom. 'n Eerlike hond.
Rassie (aan die ander kant) is so effe gek - hy lewe vir sy wit bal, en hy speel fetch soos 'n wêreld kampioen. Maak nie saak waar jy daai bal gooi nie - hy sal dit gaan haal, en weer, en weer, en weer, ens. Hy is mal oor swem, en hy raak so opgewonde dat hy te veel water drink en dan orals op die stoep sulke opgooi spatsels los. Ons het maar geleer om gewoond te raak daaraan. Dis net water.

Die laaste 3 weke was vreeslik vreemd - ek het vasgesit met meeste mense (behalwe my gesinnetjie). Dit sluit in die NG kerk, dominees, kollegas - in my opinie almal 'n klomp ... kom ons los dit eerder. Almal weet ek is reg. Die onlangse wyngilde vergadering by Pieter Stapelberg was een van die enigste hoogtepunte - reguit ouens - sonder enige pretensies of stront ...



23.2.10

Terug by die huis!!

Snaaks hoe vinnig realiteit inskop as jy terug kom van vakansie af. Terwyl ons weg was het iemand by ons huis ingebreek - net bo by die slaapkamer (waar die alarm sisteem nie ogies het nie; so asof hulle weet wat in die huis aangaan!). Juwele, klere, skoene - gone!! In Kanyamazane loop hulle nou lekker rond met die goed wat vir ons spesiale waarde het. Ek hoop die goed brand gate in hul velle en gewetens! En waarskynlik weens die inbraak was ons huis se krag ook af vir 'n dag of twee, en die yskas het begin ontdooi en uitgeloop op die houtvloer, wat ook nou plek-plek in sy moer is. Afrika is wragtag nie plek vir 'n sussie of 'n dromer nie. Maar ek moet sê ek raak nou goed gatvol vir die hoender-wat-die-goue-eiers-lê vs. massa-parasiet situasie waarin ons onself nou bevind in Suid Afrika. Die slim houtkoppe op die radio noem dit ons suksesvolle wellfare state - 'n subsidy vir dit, 'n allowance vir dat, en 'n grant vir die res. Ek noem dit uitbuiting en blatante misbruik van die wit man se strewe na iets wat beter is. Kom ons hoop maar regtig dat sometime Nkosi shall sekelele iAfrika... Maar op hierdie stadium is dit (seën) darem wragtag nie sigbaar nie...
------------------------------
Kyk - jy kan hierdie mannetjie nie vir twee sekondes alleen los nie! Op teen die leer in 'n flash!

Assegaai marathon in Piet Retief

Terug op vaste grond het ons by Piet Retief oorgebly, in 'n vreeslik eoulike gastehuis gebly vir die aand, en Marinda het sommer so (letterlik) op 'n drafstap die Assegaai marathon gehardloop - met 'n tyd van 4h18min. Ons is baie trots op haar!

------------------------------
En die Cheeta hempie is nogal van pas aangesien die Vrystaat die aan van tevore die Sharks in Durban gaan klop het!
------------------------------
Ja - mens mag dalk dink die foto is geneem voor die marathon, maar dis eintlik na die tyd. So lyk sukses!

Ons / son; te veel son; net ons...

'n Paar mooi fotos van ons jong gesinnetjie! Op die boot is swem die beste ding om te doen. Die water is baie sout, so 'n mens dryf so bietjie (veral 'n vet mens). Ek was ure lank in die swembad; gewoonlik met iets kouds en iets belaglik sterk in my hand. Cocktails was redelik goedkoop! ------------------------------
Tande borsel is een van Jan-Hendrik se gunsteling aktiviteite. Maak nie saak met wie se borsel nie...
--------------------------------
En om op die telefoon te praat! Selfs as niemand luister nie. Hy hou deesdae minute lank gesprekke met die dooie kant van die foon; in 'n taal wat ook net hy en die ou aan die aanderkant van die dooie foon sal verstaan!

------------------------------
Hier is hy saam met sy beeldskone Ma! Die gesiggies het baie in gemeen!

------------------------------
Ongelukkig het hy ook 'n Pa - die kind kon selfs nog mooier gewees het! Shame...

------------------------------
Die gesin tot dus ver... met die Noord-Natal in die agtergrond - oppad terug Durban toe na 'n week se heerlike bootvaart!
------------------------------
Hierdie fotos is geneem met die laaste sundowner op die boot. Die meisie het vreeslik mooi gesing; ons en Jan-Hendrik (en sommer almal) se bekke het oopgehang; net om te besef dat sy ook sommer een van die vakasiegangers is wat 'n liedjie of twee wou sing. Sy kan! Sy het haar boy friend ge"hi-five" toe sy gaan sit het.

Die man luister intens...


En bietjie later het Jan-Hendrik stadig nader gestap, en op die musiek van David Kramer se "Bokkie" alleen voor almal (die hele boot) gedans, geswaai, en gerock! Die hoogtepunt van die hele trip, vir my!

------------------------------
Op die boot speel die son en die water die hele tyd saam om van die mooiste tonele te skets waaraan mens kan dink. 'n Foto sukkel om die pragtige son-op-die-water effek te beskryf!