24.3.10

Ons pragtige honde

Ons "ander" kinders waarvoor ons baie lief is, maar ons noem hulle nooit. Naka is deesdae so effe iesegrimmig - hy byt sommer 'n vreemdeling, en hy is ook so bietjie van 'n rassis (en ek vra wie is deesdae nie?). Ek dink hy is al by tye wat ons nie by die huis was nie deur een van ons mede-Afrikaners geboelie. Hy raak vreeslik gou die hel in, maar hy raak ook vinnig druipstert as iemand vinnig op hom afkom. 'n Eerlike hond.
Rassie (aan die ander kant) is so effe gek - hy lewe vir sy wit bal, en hy speel fetch soos 'n wêreld kampioen. Maak nie saak waar jy daai bal gooi nie - hy sal dit gaan haal, en weer, en weer, en weer, ens. Hy is mal oor swem, en hy raak so opgewonde dat hy te veel water drink en dan orals op die stoep sulke opgooi spatsels los. Ons het maar geleer om gewoond te raak daaraan. Dis net water.

Die laaste 3 weke was vreeslik vreemd - ek het vasgesit met meeste mense (behalwe my gesinnetjie). Dit sluit in die NG kerk, dominees, kollegas - in my opinie almal 'n klomp ... kom ons los dit eerder. Almal weet ek is reg. Die onlangse wyngilde vergadering by Pieter Stapelberg was een van die enigste hoogtepunte - reguit ouens - sonder enige pretensies of stront ...