7.12.14

Bangkok - shopping!!

Ons het 'n paar keer sommer in die Centralworld mall se food court gaan eet; uitstekende kos en belaglik goedkoop (so R20 per bord).



Dit is beslis die grootste mall waarin ek nog ooit was; mens kan twee weke lank net in hierdie mall rondloop.

Selfs ou John Snow was ook daar.



Deel met drie om rand te kry.



Ons het ook een aand 'n kom movie kyk (Maze Runner). Daar is seker 30 teaters, almal groot genoeg vir seker 500 mense.




'n Indrukwekkende struktuur wat deur Bangkok se middestad kronkel - onder die gewone pad, bo dit die sky walk, dan die highway, dan die sky train.

En al die groot malls is deur die skywalk verbind. Mens hoef nooit oor 'n besige pad te probeer stap nie.


Die meer tradisionele vervoermedium.


En elke Thai het 'n bike.



Bangkok - Lughawe en Centara Grand Centralworld

Nuwe moderne lughawe; massief groot. Mense van alle kleure en geure van reg oor die wereld gaan hier deur.

Marinda het baie vinnig hierdie Isuzu SUV raakgesien (wat nie in SA beskikbaar is nie; why not?)

The city that never sleeps. Vreeslike druk verkeer.



Ons het tydens die kongres oorgebly in die Centara Grand by Centralworld. Gerieflik in dieselfde gebou as die ICC.


Lekker moeg; twee lang vlugte agter die rug!!
Ek dink MArinda het onmiddelik gaan slaap (omtrent 10:00).
Ek was direk kongres toe.

Pragtige ruim kamers. baie billik geprys.

Die uitsig vanuit ons hotelkamer.

Daardie eerste aand - die uitsig vanaf die swembad / tennisbaan area op die 26'e vlak.



Die trap waarop Vanessa Obers (my kongres tjommie) haar enkel geswik het. Gelukkig was daar 'n gie fisioterapeut beskikbaar.

Drinks by die sky bar bo-op die hotel se dak (58'e vloer)



Volgende dag; fotos van die swembad en hotel. Indrukwekkende plek met 'n fantastiese uitsig.








Oorsee - Op die lughawens

Fotos geneem in Oktober. Ons is vir die eerste keer sedert 2007 weer op international departures. Oppad na Thailand en Malaysia, via Abu Dhabi met Etihad. Ek gaan die IAP kongres bywoon in Bangkok. Daarna net vakansie.

JHB internasionaal.


Op die Bidvest lounge in Johannesburg. Ons kan nie wag nie!!



Stop-over van 'n paar uur op Abu Dhabi se lughawe. Groot plek; mens kan maklik hier weg raak.