19.7.14

Haga Haga; ons eerste kykie..

Hierdie was die naweek voor ons moes intrek en obviously was die huis nog ver van klaar af. Ons was almal lekker gatvol, en het besluit om vir 'n naweek weg te gaan. Ons het die Haga Haga area gaan verken.

Ouerige hotel, maar hulle is besig om dit stuk vir stuk op te knap. Die kos was baie lekker en die ligging is fantasties.

Vreeslik baie speelplek en grasperke, mooi swembaddens, ens.

Beste buddies..




Nog 'n bietjie skrikkerig, maar hy swem soos 'n vis.

En sy probeer haar bes, maar dis meestal 'n gespartel en geraas...




Die Oos-Kaap het net die pragtigste strande!


Lekker laf. Mens moet mos 'n gesig trek op 'n foto!!

Huisbou 15

Hier is die ingang na die huis halfpad gebou. Trust my, as ek nie die plan myself verander het nie sou die ingang 'n meter verder links gewees het. Dis al reeds moeilik om uit te kom...



Hier kry die dekke en die dak daar bo-oor al bietjie vorm..





Net 'n boks - so maak mens..

Hulle se mos - gee vir 'n kind 'n geskenk dan kan jy sien hoe lekker speel hy met die boks waarin dit kom. My kinders vat dit een verder. Sien!!!


Monkey see monkey do...



Kinderpartytjie by Mpongo Lodge

Boeta se maatjie Josua se pa is die bestuurder by 'n wildpark buite Oos-Londen - 'n lekker plek vir 'n kinderpartytjie, moet ek se..



'n Baie toepaslike seerower theme... laaities weet instinktief hoe om soor skurke op te tree...

Aaaaarrrhhhh!!!


Hier's 'n ding wat baie mooi sal moet dophou - Paul de Bruyn en Lana lyk net te gemaklik in mekaar se teenwoordigheid..






En daar's pragtige wit leeus in groot kampe. Baie indrukwekkend.


Hier het Lana genoeg gehad van die leeus. Sy soek 'n bietjie allentyd...

En hier vermaak sy ons met die Madiba jive!!

Huisbou 14

'n Week na die vorige bou fotos... Hier het ek al besef hulle gaan nie naastenby in tyd wees nie...






Hier was van die kaste al in, maar sommiges het skade gekry in die vervoerproses...




Roaan kom kuier

Die nuutse toevoeging tot die familie - Conraad en Veruschka se baba seuntjie Roaan.
(ek is nog nie seker oor die spelling van sy naam nie)


Lana (ewe skielik 'n groot kind) is baie impress.


Ek het 'n vermoede die groot kinders kyk die verkeerde programme op die TV.