20.12.11

Klein Kariba!!

10 dae se uitkamp by Klein Kariba - die ideale Somersvakansie, met Oupa en Ouma Bez ook daar vir 'n groot deel van die vakansie. Ons was al voorheen hier (Patologie kongres in +/-2005 by Warmbad), maar die kampery is heerlik, en die kinders het dit duidelik baie geniet.

Hier volg 'n hele string fotos; ek gaan nie elkeen beskryf nie. Kyk maar self, die plek is 'n juweel. Ons het elke dag lang ente gaan stap, rondom die dam, op teen die berg, die bos-staproete. en die plek het die mooiste swembaddens - koue baddens en verhitte baddens; en die mense geniet hulself gate uit, met die beste restaurant wat mens op so 'n vakansie sou wou hê. Slap chips!!! Elke dag, twee keer!!!







Sy dink "ek soek 'n vuurhoutjie..."




































Oupa en Sussa..








Die vakansie het Jan-Hendrik die eerste keer "self" geswem (met sy Spiderman vlerkies); angstig aanvanklik, maar hy't homself verskriklik geniet en ure in die water gespandeer.







Baie trots op homself. Hy kan SELF!!


















Sussa het lang slapies langs die swembad gevat, soms met die pote in die lug...

























Jan-Hendrik het vryheid gehad om te gaan waar hy wou. Hy het meer tyd by ander maatjies se kampplekke gekuier as wat hy by ons was, en soms het hy 'n string maatjies saamgebring na ons plek toe. So het ons baie ander mense ontmoet.


























Ander besoekers aan ons kampplek...





Sussa speel haar hart uit by die staanplek se kraan. Ons het gesukkel om soms die kinders se klere skoon te kry...






En ons het al ou Maria se koekies gepolish.








Kinders en die speletjies wat hulle speel.





















































Voor die karavaan het Jan-Hendrik sy bunker shots geoefen. Kyk net daai follow-through!!








En kyk net hoe mooi hou hy sy kop af!!






































Modder is 'n speelplek!!





Little cowgirl!!

















Elke oggend se Smurfies kyk op die laptop wanneer ons wakker word.




























Sussie het self 'n paar maatjies gemaak van haar eie..






Wanneer hy ver wou gaan kuier het hy sy scooter gevat. Ten minste kon mens hoor waarheen hy gaan.







Een oggend het dié twee daar aangekom met 'm taras op die dak; vorige dag getroud in Pretoria... Ek het gedink dis moer snaaks!!!








Sussa sê kamp is lekker!!

Die 94.7 fietsresies

Die dag waarvoor ek gewag het die hele jaar... maar niks voor geoefen het nie... Maar, het ek gedink, daar is mos iets soos muscle memory!!!


Lyk ek bang? Dis in die hotel voor die race.





En die stomp implimente wat gebruik gaan word. Die swart een (myne) lyk self maar so bietjie skrikkerig.





Die 94.7 is die eerste ding wat ek en my nuwe "ystertande" (soos JH sê) saam gaan doen, en ons het 'n volle 6 ure om mekaar goed te leer ken. Die draadjies het hul verskyning gemaak die Donderdag voor die Sondag van die race.






Daar is BAIE mense. Ek wonder hoeveel is so onvoorbereid as ek. Een ding is seker - meer mense het by my verby gekom as dié wat op hoë spoed deur my verby gesnel is...






Ek gebruik die neem van fotos langs die pad as 'n slegte verskoning om te stop en te rus, eb die breek van een van my speke op die opdraende voor die aansluiting met die Krugersdorp was gestuur. Ek was verplig om 10 minute lank te stop om iets te fix.








Oorleef!! Sussa inspekteer die wiele om te sien of dié nog rond is.







Die volgende oggend word ek wakker met 'n blond in my bed. One day in Joburg makes a hard man humble!!!








Stort saam met Lana. Sy's mal daaroor om te stort, en raak gereeld aan die slaap in mens se arms.








Ontbyt saam met die mooiste ma in die wêreld.








Oupa en Ouma was ook daar om te help met die kinders. Baie dankie julle!!!














'n Wonderlike naweek om ons vakansie mee te begin!!!!