Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
7.8.11
Afrikaners is plesierig!!
Dis BAIE lekker om te kamp. Veral hier by Skukuza saam met al ons pêlle. Lana is vriendelik, en almal se kind. Jan-Hendrik sien mens nie - hy en sy twee tjomme hardloop die hele wêreld vol; maak 'n groot geraas.

'n wel-verdiende (sterk) dop na die wedloop. Dit lyk of sy om die blok geloop het...
'n Trotse Pa met sy pragtige dogtertjie!!
"Ek is nie 'n stap se maatjie nie... 'n ry se maatjie nie... 'n vlieg se maatjie nie... Ek is nie 'n skiet se maatjie nie.. Ek is Jesus se maatjie, ja meneer..."
Hulle vergelyk al reeds sizes... SEUNS!!! Boys will be boys...
Vuil; hier-en-daar vol bloed; stukkende toon (hammer op sy toon geval toe ons kamp opgeslaan het); regte seuntjie.
Oudergewoonte kyk almal saam die rugby, maar hierdie was eintlik 'n slegte / vreemde week in die Currie Cup - Die Blou Bulle verloor teen die Leeus; Die Sharks verloor teen Griekwas; WP verloor teen die Vrystaat.
Die dogtertjies bekyk al die geraas maar net op 'n afstand (seuns wat soldaat-soldaat speel en manne wat moan oor die ref).
Dolla en die nuutste Meneke; lyk nes hom Pa (Willem, "donderse van Rooyen" soos Arthur (sy skoonpa) na hom verwys).
Dis nou Arthur (Oom Akkies) Meneke; legende in Suid-Afrikaanse Marathonkringe; moerse depressief na die Blou Bulle se verloor teen 'n gemiddelde Leeus span met 16 spelers (bliksemse ref!).
Groot party! Die manne kuier!
Sommiges se vrouens moet hulle maar regop hou...
Ons vier Dolla (Mariet Erasmus) se verjaardag. Deon bring 'n koek uit wat bestaan uit klomp klein cup cakes met Dolla se gesig op. Gebalanseer op kampglase. Almal is bang vir die laaities; daai koek gaan nie bo bly nie...
Maar Dolla is slim - sy kry al die kinders om haar te help om die een kersie dood te blaas, en dan help sy hulle om elkeen 'n koekie met die mooiste gesiggie op versigtig af te haal.
Skukuza 21km run
Ja, dis al weer daardie tyd van die jaar. Ons kamp by Skukuza saam met die hele groep (Nelspruit Marathonklub se mense), en ons is mal oor elke minuut daarvan. Dit is afterall die beste mense in die hele wêreld.

Dis vroeg, en dis effens koud. Jan-Hendrik loop maar op sy eie rond die hele tyd. Dis maar moelik om hom die heeltyd dop te hou. Gelukkig ken meeste mense hier vir JH en sy Ma. Dis nie die mense waarvoor ek bang is nie, maar eerder die plek - Skukuza se rugbyveld. Hier kry mens nie rondloperhonde nie, en vir 'n rede...
Ek koop die suur-koeldrank spuitlekker-ding vir Jan-Hendrik...
En natuurlik gebruik hy dit soos 'n Jedi lightsaber met die ander maatjies. Hy het 'n baie lewendeige verbeelding ten minste. Soet is hy glad nie...
Gelukkig was die helikopter baie aktief. Dit het hom darem elke paar minute gemaak stilstaan en sy verbeelding in 'n ander rigting stuur. Dit gee die ander maatjies die geleentheid om of weg te kom, of om beter wapens in die hande te kry... Dit is maar 'n stryd om oorlewing in elke situasie van die lewe, en op hierdie stadium is JH verreweg "the fittest". Dit laat my net weer (onwillekeurig) dink aan die natuurlike meester-kneg verdeling in die natuur. Ons sal hom baie mooi moet bestuur in die toekoms. Daai koppie dink teen 220km/hr... Ek ken nog sulke mense...
Dis reg, Pappa; dis reg... Ons is pêlle - ek en Pappa... "Kyk daai GROOT KWAAI helikopper!!! KYK Pappa KYK!!!!"
En so hardloop die massas - met die gewoonlike vinnige swart punt en die stadiger wit stert. As ek gehardloop het was daar nog 'n kategorie... Ek het besluit om eerder die babas op te pas.
JH kon hierdie een nie glo of uit figure nie... Hy wonder nou nog hoekom het die renoster ook saam gehardloop... Of het hy dalk een van die hardlopers gejaag het?
Mamma (met haar mooi atleetbene) reken dat die warm baadjie oorbodig is. Pappa kry NOG iets om op te pas...
Ons het so bietjie koud gekry en Sussa het geslaap. Toe besluit ons om eerder die hardlopers langs die pad te gaan ondersteun (op so die 15km merk). Boeta het vir almal geskreeu "Mooi hardloop, ooms", of "Vinnig hardloop, ooms", en vir die eerste ou wat besluit het om op hierdie stretch te loop het hy geskreeu "Hardloop, oom", en die ou het so effe begin rooi word en begin shuffle... dit was baie snaaks...

Sussa het intussen wakker geword, en baie soet op Pappa se skoot kom sit en wag vir Mamma om verby te kom...
Terug by die veld en die wenstreep. Ons ondersteun ons mense om letterlik elke hoek en draai.
Bekende mense!!! Sussa se oë rek letterlik met die vooruitsigte van laat ontbyt (met 'n klein bietjie ekstra sout...). Ek dink ons was almal baie verlig toe die race klaar is. Marinda het nie geoefen vir die race nie, maar sy het mos nie oefening nodig nie. Sy is 'n natural. Ek hoop my kinders het ietsie van hul ma se sporttalente as hulle groter is...
Uiteindelik - skool toe!!!
'n Jaar gelede was ek baie bekommerd, maar hy was obviously nog nie reg vir skool nie, maar hy het so twee weke gelede begin by 'n speelgroepie van so 10 kindertjies - almal same size - maar 7 dogtertjies, 3 seuntjies. Hy is MAL daaroor, en dring daarop aan om sy eie tassie te dra. Hy kyk nie terug as ek loop nie, en hy is nie bang of huilerig nie. Die juffrou is glo redelik streng, en dit lyk of sy iets met hom regkry. Hulle leer Bybelstories, en groot alledaagse woorde... Ek is baie gelukkig met die setup. Gewaarborgde knop in die keel en traan in die oog een keer per dag...

Elke oggend...
Ek en Jan-Hendrik is omtrent elke oggend saam eerste op. Hy hou van sy "choklit nanna" in die more, en ek 'n warm teetjie met honeysuckle of mint... (nee ek is nie gay nie, maar die smake maak my brein wakker). So ek vra maar vir Jan-Hendrik om te help suiker ingooi en te roer. Hy dink dis "'n slim plan".

Tans sy sêgoed:
"Pappa, be careful" - makiesaak wat ek doen nie...
As ek vir hom sê hy moet sy kos eet: "No, thank you"... Hoe forseer mens hom na so 'n antwoord?
As ek met hom raas as hy iemand (of vir my) seermaak: "Pappa, ek sal NOOIT weer nie"... so sê hy dan terwyl hy my met iets teen die kop slaan...
"Ek sal" & "Myne"... Luidkeels... !!!!!!!
Love him!!!
Bou al weer!!
Uiteindelik het ek besluit om die steenmuur met die buurman (Sias willemse-hulle) te pleister. Ons moes eers al die hout teen die muur afhaal. Bietjie hartseer, want dit het vir ons (ek en my liewe vroutjie) weke gevat om al die hout teen die muur te kry (6 jaar gelede), maar ek dink tog dat 'n gepleisterde muur baie beter gaan lyk. Ek is nie lus om dit te verf nie. Ek dink ek gaan eerder een-of-ander klimplantjie teen die muur plant. Ek soek 'n groen muur, en ek wil 'n kruietuintjie begin teen die muur in potte. Ek sal iemand moet kry om vir my staalrakke te kom bou. Dalk moet ek net die sweislesse wat skoonpa my gegee het begin toepas. Ek is seker ek kan dit self doen.

Swanepoel, Jan-Hendrik Swanepoel
Jan-Hendrik neem fotos
Jan-Hendrik neem al baie mooi fotos met sy "kamema". Dis eintlik my kamera, maar ek laat hom maar toe om met die ding te loop en knoppies druk. Ek hoop om op dié manier sy belanstelling te prikkel in fotos en alles wat mooi is. Hy mik ook al baie mooi - subject in the centre. Subject also very willing... Dis 'n vriendelike huis dié!

Sussa!!!
My pragtige dogter word elke dag net ouliker en slimmer. En sy is BAIE mooi. Sy is oor die algemeen baie vriendelik, en begin nou geluidjies maak wat klink of sy ons na-aap. Sy lag vir my grappies, en sy is mal oor bad. Dit is seker die enigste keer per dag wat sy defnitief moan en huil - wanneer Marinda haar uit die bad uit haal. En sy en Jan-Hendrik bad omtrent elke dag saam; sy sit in so 'n oulike 4-poot badstoeltjie met 'n dik sponsie onder haar boudjies; mal oor die warm water...

Smul aan 'n stuk biltong - soos Ciska sê: Sy suig hom dat hy na ure lyk soos 'n dooie muis...
Pretty in pink...
En sy sit nou al 'n paar weke sonder enige ondersteuning. Val soms om, maar dit lyk eintlik of sy doelbewus gaan lê om nader aan haar speelgoed te kom.
Kyk net haar pragtige 4 tande. En sy weet waarvoor mens dit moet gebruik. Borsvoed is glo nie meer lekker nie; so verneem ek...
Koekeloer...
Soos ek sê - mal oor bad en warm water.
Loop die hele huis rond met die loopring; nog bietjie dom met die bestuur gedeelte - die ding gaan nie altyd waarheen sy wil gaan nie...
oe!! kos!!
Vriendelikste kind; op die mat in Pappa se studeerkamer.


Pragtige pienk baba in haar pienk kamer. Pienk - nooit gedink daar sal so baie pienk goed in my lewe wees nie. Mal daaroor!

In haar noppies met haarself... Sterk in die armpies; dis net 'n kwessie van tyd dan gaan sy begin kruip.
Sy is ons liewe dogtertjie!!! Ek het nie gedink dit sal (na Jan-Hendrik) weer moontlik om so lief vir 'n kind te word nie, maar ek moet erken - ek is totaal en al verlief op my twee kinders; op my vrou ook natuurlik...
Subscribe to:
Posts (Atom)