23.4.11

Die hele familie kom kuier!!

Vir Lana se doop (en sommer ook vir die viering van ons 12'e huweliksherdenking) het ons amper die hele familie hier gehad. Andrew en Tanya, Jan en die span (Annette, Annies, Nelia), DJ (Elmien kon ongelukkig nie kom nie), en al die Oupas en Oumas was hier. Conraad het onlangse oogoperasies gehad en hy en Verushka kon nie kom nie.

Ons het seker gemaak dat die plek mooi netjies is, maar die netheid het letterlik net 'n paar minute gehou - kinders is soms effens verwoestend...


En hulle het elke aand moeg gaan slaap; die klomp (en sommer ook die bure se dogtertjie) het mekaar stukkend gespeel!



Die sandput is ten volle benut!! Dankie tog dit was klaar voor die groot kuier..



Die helikopter was een van die vele geskenke wat Nelspruit toe gekom het. Jan-Hendrik slaap omtrent saam met hierdie helikopter (al 'n paar keer stukkend)





Die Oupas moes maar rus wanner hulle die geleentheid gekry het; eintlik het niemand daardie naweek gerus nie. Daar was net te veel wat moes gebeur...



Dit was 'n lekker warm naweek in die Laeveld (mens kan dit nou - 3 weke later - glad nie glo nie; blerrie yskoud soos ek hier sit). Daar is die hele tyd geswem en gespeel. Die "helikopper" "vlieg" heelwat vinniger as jy met hom in die hand teen 'n moerse spoed kaalgat om die swembad ry op die skoetertjie... een van daai goed wat mens nooit objektief sal kan navors nie...



Jan was so bietjie siek, maar ek dink selfs hy het so bietjie ontspan in die Laeveld se lekker warm weer. Hy't al ons pynpille opgedrink... glo hoofpyn... griep, of so iets...


o... en almal was natuurlik baie geinteresserd in Lana - the star of the moment...



Tanya en ek het so bietjie te diep in 'n paar bottels goeie wyn gekyk; plaaslik aangeskaf; kwaliteit so-so; julle weet mos ons verskeidenheid in die Laeveld is so effe beperk. Ek moes dalk iemand gevra het om vir my goeie wyn van die groot stad af saam te bring... NET 'N GRAPPIE, TANDJIES!!!


Zamalek... 3 miljoen mynswartes kan mos nie verkeerd wees nie... so sê Andrew, en hy KEN daai manne...


Kyk net hoe groot het al die pragtige dogters geword... Annies begin meer en meer soos haar Ma lyk...



Nelia lyk meer soos Jan; eintlik lyk sy baie soos Ouma Corrie...





En Oupa Chris kyk of daar iets van hom in klein Lana se gesiggie is... sy lyk weer baie soos haar eie mamma...



Dit was nie baie moeilik om vir Jan-Hendrik besig te hou nie; daar was speelgoed, kryte, potlode, boekies, stickers... ORALS.... Kyk daai hotklou... En daai hot ma...


Iets nuuts by ons huis - pienk swemklere wat lê en droog word in die son...



Lyk my hoe jonger mens word hoe langer word jy... Skoonpa Chris, Marinda en DJ.




Daar is rondom die vuur baie k@k gepraat; trust my...



Ons sou nie 'n slegte voorry gemaak het nie; tyd vir bietjie slaai eet en minder braai...



Al drie amper vas aan die slaap, maar smile sal daar gesmile word...



Slaap eers na daar musiek gemaak word. Annie speel pragtig die klavier; Nelia wil so graag, en Jan-Hendrik dink hy kan...









Ons padda kuiergas het natuurlik weer sy verskyning gemaak by die huis; buite het ek en my skoonpa die SASOL paddaboekie gevat en hom mooi geidentifiseer as een-of-ander skuimpadda (regte naam reeds vergeet). Tans sit hy doer bo op die horlosie teen die muur in ons slaapkamer, en hy is nou al daar (in dieselfde posisie) vir omtrent drie weke... presies bo-op die 12 uur posisie. Ek los hom maar; ek wil graag kyk wat sy plan is..



Weens 'n natterige deurslaandoek het Jan-Hendrik groot vreugde verskaf deur die niggies se pienk goed aan te trek; eintlik dink ek dat hulle dit vir hom aangetrek het...





Gedurende daardie naweek het Jan-Hendrik vir Annies die meeste vertrou in die swembad...





Kyk net hierdie pragtige gesigte!!!!







Die Sondagmiddag het ons die fout gemaak om twee koedkoperige kubisse uit te haal; hulle het ure lank probeer; hulle lyk vir my is maar baie dieselfde... die natuur het maar sy maniertjies...



Saterdagaand - hulle moet net omval en slaap...


Dit was 'n heerlike naweek en 'n wonderlike voorreg om almal weer te sien... ons het die wat nie hier was nie ook baie gemis.. baie dankie vir almal se moeite!!!

5.4.11

Die elemente...

Massive storm in Nelspruit so 'n week gelede. Bome en takke - stukkend; telefoonlyne - stukkend; by ander manne se huise is die dakke stukkend, mure - stukkend, karre - stukkend; shame... My enigste skade is die telefoonlyn (wat reeds reg gemaak is), en 'n groot tak van die buurman se boom het oor die muur geval en so halflyf op ons stoor te lande gekom. Probleem reeds opgelos (danksy skoonpa Chris).



Aangenome kinders..

Nannies se honde wat eintlik die hele tyd by ons is - Loula en George.

Nuwe vloer - episode soveel...

And there we go again - meubels op die stoep (op 'n reënerige dag); die plafon moet in; die familie is oppad (doop toe)!! Die manne wat weet hoe is hard besig met dit waarmee hulle goed is; en ek ook!!

Dis eintlik 'n uitstekende kamer vir 'n vleuelklavier en 'n swaar hout-musiekstaander...





Al wat nou nog moet gebeur is die lysies bo om die houtvloer; die regmaak van die lek in die dak (waarvoor ek nou al lekker gatvol is); en dalk tog 'n deur vir die kamer. Ek dink ek moet die aircon ook skuif. Geen job is ooit klaar nie...

Pragtige prinsessie!!

My skattebol word elke dag mooier; sy is deesdae rustig; huil min; smile en lag uit haar maag uit. Pragtige ding!!







Die twee wonderlike jong dames in my lewe. Ek is baie gelukkig om so 'n pragtige gesinnetjie te he!!!

Parratjie van 'n ander soort...

Ek mik een aand om die bedliggie af te sit, en voel toe iets vreemds skrikwekkend. Ek het op daai oomblik gedink dis 'n slang, en ek het 'n gil gegee soos 'n klein dogtertjie. Ek het hom toe later gevang en by die venster uitgegooi op die vyeboom se tak.
Hy was die volgende oggend weer terug (of dalk was dit 'n ander een); weer gevang en uitgegooi. Dis nie 'n gewone padda nie; net so groot, maar heelwat sterker, met lang tone, spring vreeslik ver, loop met sy vier pote, klou vas teen die muur, en hou aan vertikale goed vas soos aan 'n riet. Een-of-ander skuimpadda (so sê dit in Ciska se boek).



Elke Dinsdagoggend 7 uur...

Elke Dinsdagoggend neem ek en Boeta die vullissakke straat toe - ek met die groot swart asblik en hy met sy kleurvolle trollie.



Ek en hy doen baie goed saam. Hy is 'n wonderlike seun. Baie lief vir hom.

Bushpath 2011

Twee naweke gelede was ons bietjie Pilanesberg toe vir 'n mini-kongres. Uitstekende sprekers en 'n perfekte venue (Kwa Maritane). Ons het by Bakabung gebly; ek het elke oggend so 10 minute op die pad gespandeer. In die bos; wonderlike uitsig oor die veld. Dit het omtrent die hele tyd gereën; wildkyk was nie op die lys van prioriteite nie.


Ons het probeer rus; maar met 2 klein kiddies is rus soms nie moontlik nie. Gelukkig het Oupa en Ouma uit Potch kom kuier vir twee dae. Daarna het JH 'n week by elke Ouma (en Oupa) gaan kuier. Die lewe is maar baie sleg sonder die mannetjie. Ons het hom vreeslik gemis.





Tomas Slavik het die hele ding meesterlik gereël. Dit was uit en uit die moeite werd om te kom. Oulike kollegas ontmoet. Baie nuwe goed geleer. Klomp goed weer gehoor.


Uitstekende gassprekers - Odze, Greenson, Lauwers, Olivia, Rosenberg. Al die groot name...


Ons het Sussa se bad vergeet; maar gelukkig pas sy nog in die wasbak (maar nie vir lank nie).


Een ding van die naweek wat ek lank gaan onthou - BAIE KOS!!




Sandput uiteindelik klaar..

Vol met sand en speelgoed; soms vol kinders - 'n sandput is 'n absolute moet vir enige tuin. En ons sandput is voltooid na maande se uitstel. Ek besef net ek moes dit maande gelede al klaar gemaak het.
Dis 'n lekker plek om jou bunker shots te oefen, en as jy dit nie regkry nie kan jy altyd jou wedge net begrawe...