Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
5.4.11
Bushpath 2011
Twee naweke gelede was ons bietjie Pilanesberg toe vir 'n mini-kongres. Uitstekende sprekers en 'n perfekte venue (Kwa Maritane). Ons het by Bakabung gebly; ek het elke oggend so 10 minute op die pad gespandeer. In die bos; wonderlike uitsig oor die veld. Dit het omtrent die hele tyd gereën; wildkyk was nie op die lys van prioriteite nie.
Ons het probeer rus; maar met 2 klein kiddies is rus soms nie moontlik nie. Gelukkig het Oupa en Ouma uit Potch kom kuier vir twee dae. Daarna het JH 'n week by elke Ouma (en Oupa) gaan kuier. Die lewe is maar baie sleg sonder die mannetjie. Ons het hom vreeslik gemis.