Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
3.3.11
Lekker op die strand...
Ek sit nou hier in Nelspruit; in my kantoor en ek maak gou die vakansie se fotos en blog entries klaar; en ek verlang terug na die mooi strand en die lekker sonskyn. Umhloti / Umdloto (plek se naam verskil met jou velkeur, lyk my; net regte native Zoeloes gebruik "Umdloti") is 'n pargtige vakansieplek!! Ek is bly ons was daar.

Op die strand; meneer is "besig" om bietjie aarde te veskuif met sy grafie en emmertjie; speel met die karretjies in die sand - begrawe hulle. Daar is seker nog 'n paar wat daar onder die sand lê; sal sorg vir groot opgewondenheid en dan groot teleurstelling vir die assvoëls met hul metaalverklikkers...

Hy was mal oor DJ. Hulle het ure lank saam geswem. DJ lyk vir my reg vir babas; drie van hulle!!

Hy (Jan-Hendrik) het darem so bietjie tyd aan my ook afgestaan. Elke keer as ek net lekker droog is moet ek terug gaan see toe om te swem. Hy het die speel op die strand baie geniet. Hy besef natuurlik nog nie dat daar pragtige gholfbane op die kus is nie...

En op die strand kan mens ure lank na die ander mense en die jong mammies sit en kyk. Ek het op 'n stadium vaagweg 'n gesprek gevolg tussen twee jong mammies in die vlak water; kon niks sien nie want ek het nie my bril opgehad nie (was so effe spyt na gelang van die inhoud van die gesprek). Die een het die ander (in 'n slapperige Sandton aksent) oortuig dat die "surgery" oor en oor die moeite werd was, en hulle het afgesluit met iets soos "and honey, remember to go big". Ek is nie heeltemal seker waaroor hulle gepraat het nie.

Ons het uitgekamp soos regte Transvalers!! Kom son-verwante siektes soek op die strand...
Sussa was ook daar; meeste van die tyd geslaap of geskreeu. Ons het haar mooi toe en beskerm gehou, maar selfs sy het so bietjie van 'n tan gekry..
24.2.11
Skielike vakansie !!
DJ bel my eergistermiddag met twee onderwerpe vir bespreking...
Sy vrou Elmien verwag voorlopig 'n drieling!!! En hulle voel dit verdien 'n bietjie celebration. Ek was effe geskok, maar ek moes saamstem...
En hy reken dat Marinda 'n vakansie by die see nodig het na die hele nuwe-baba-keisersnit en ongemaklike swangerskap ervaring. En (met 'n geringe skuldgevoel deep inside) moes ek weer saamstem.
En toe deel hy my mee dat hy reeds vir ons 'n plek voorlopig bespreek het tot en met Maandag; in Umhloti; en hulle is ook toevallig daar...
Dit is toe dat ek net weer besef dat ek die beste kollega in die wêreld het - Reinette het sonder enige huiwering ingestem om alleen te werk vir 'n paar dae; toe begin ons pak.
Die volgende oggend was ons met eerste lig in die pad. Hierdie foto geneem van die ongelooflike Baberton vallei toe onder die mis. Saggies gereën in Nelspruit toe ons daar weg is.

9 ure later en 'n paar diep potholes en die minister van finansies se pretty-much-non-specific-tog-komiese budget toespraak later ...
... en die gebruiklike ontbyt stop by die Spur in Piet Retief ...



(Jan-Hendrik sit 'n helpende handjie by; die "oom" skuur die perdjie af; JH help met bietjie afwerking oor die perd se neus)...
Sy vrou Elmien verwag voorlopig 'n drieling!!! En hulle voel dit verdien 'n bietjie celebration. Ek was effe geskok, maar ek moes saamstem...
En hy reken dat Marinda 'n vakansie by die see nodig het na die hele nuwe-baba-keisersnit en ongemaklike swangerskap ervaring. En (met 'n geringe skuldgevoel deep inside) moes ek weer saamstem.
En toe deel hy my mee dat hy reeds vir ons 'n plek voorlopig bespreek het tot en met Maandag; in Umhloti; en hulle is ook toevallig daar...
Dit is toe dat ek net weer besef dat ek die beste kollega in die wêreld het - Reinette het sonder enige huiwering ingestem om alleen te werk vir 'n paar dae; toe begin ons pak.
Die volgende oggend was ons met eerste lig in die pad. Hierdie foto geneem van die ongelooflike Baberton vallei toe onder die mis. Saggies gereën in Nelspruit toe ons daar weg is.
9 ure later en 'n paar diep potholes en die minister van finansies se pretty-much-non-specific-tog-komiese budget toespraak later ...
... en die gebruiklike ontbyt stop by die Spur in Piet Retief ...
Huis = habitat ...
Nou dat ons bewus is van die kobra in ons tuin... watter ander skepsels gebruik ons huis as habitat? Sommer teen een muur die volgende:
Akkedisserige ding met 'n naam wat ek nie ken nie...
Een of ander nes in 'n dieperige pleister defek (ons bouers daardie tyd was maar baie suspect...); dalk 'n swart perdeby nes? Ek sien die reënspinnekoppe maak ook sulke skuilings..
Akkedisserige ding met 'n naam wat ek nie ken nie...
Die kinders ... slaap en wakker ...
Wanneer hulle wakker is, sit ons nie vir 'n minuut stil nie. Cute and busy...
en Sussa is so bietjie van 'n skreeugat; maar ek kry haar redelik vinnig stil (ek kan sien dit pla Marinda so bietjie - die geskreeuery en my magic; ek en my dogter het al klaar 'n beter verhouding)...
En Jan-Hendrik speel al die honde moeg; gelukkig het die bure se dogtertjie twee nuwe Jack Russels (Leila en Georgie); en JH speel hulle simpel. Hulle klim deur die palisade om met hom te kom speel. Jong slim hondjies. Ek wag nog vir die dag wat ons eie honde uitkom en die jongetjies dié kant van die heining betrap... (George = dood; Leila = verkrag)... kom ons dink eerder nie daaraan nie.
Konsert by Sheppards Boutique Hotel..
Die afgelope Saterdag- en Sondagmiddag het ons weer konserte gehad by Sheppards Boutique Hotel in Nelspruit. Die tema was musiek uit die Britse eilande. Ek het die volledige G mineur sonata van Henry Eccles en Salut d'amour van Elgar gespeel; met groot sukses. Dis lekker om weer bietjie te oefen.
Dit is 'n wonderlike plek, en daar was heerlike gesonde kos. Die musiek was self baie goed.

Dit is 'n wonderlike plek, en daar was heerlike gesonde kos. Die musiek was self baie goed.
Sussa se eerste doktersbesoek..
Haar ses weke ondersoek; en alles lyk normaal. Sy was selfs stil tydens die ondersoek, maar die inspuitings het 'n klomp verborge haat en aggressie in haar ontketen. Julle weet seker wat ek bedoel...


Jan-Hendrik was vreeslik geïnteresseerd in die hele gedoente. Hy het aanvanklik met die dokter (Pierre Taljaard) baklei omdat hy aan Lana vat; maar met die tyd het hy selfs begin hulp verleen.
En toe gebeur iets wat hy nie verwag het nie - sy eie HepA booster inspuiting. Hoogs verontwaardig; in goeie Afrikaans lekker die moer in vir alles en almal... Ek het nie skuldig gevoel nie; 'n klein bietjie seer in sy eie beste belang.
23.2.11
Beste buddies; en 'n boks...
Ongenooide kuiergas...

Buite sit 'n effe patetiese hondjie met toe-geswelde ogies, en die vrees wat ek nog al die jare onderdruk het spring na die oppervlakte... F%kkit!! Spoegkobra!! In my erf!! Waar Jan-Hendrik speel!!
En ek dink aan die vele kere wat ons Jan-Hendrik alleen buite laat rondloop het om te verken omdat die agtererf (so glo ons) "toe" en "veilig" is...
Ek laai die patetiese en effe bewerige hond in my bakkie (dis nou natuurlik net hare waar jy kyk) en gaan kuier vir ou John Luyt (ons veearts; woon net so twee blokke weg; altyd daar behalwe op Woensdagmiddae wanneer hy gholf speel; onbeskikbaar op Wonesdagmiddae nou al vir seker 55 jaar).
"No doubt, Piet, Mozambican spitting cobra..." en hy was Rassie se ogies uit; Rassie effe weerstandbiedend, brand seker vreeslik.
En hy gooi steroied oogdruppels in beide oë (mens kan net-net die ogies oopkry, shame).
"Try not to use all of this", en hy gee die buisie vir my, "and store it somewhere cool so you can use it next time"... next time... dit pla my.
"and don't use it on the kids"...
en ek bespeur nie 'n glimlag of 'n grin nie. Hy is ernstig...
En hy weier om enige geld by my te vat vir die besoek en die medisyne nie. "I don't have an oversized 4x4 to pay off, Piet", sê hy en sien ons af...
Vreemde ervaring.
Rassie was die volgende oggend al heelwat beter.
Subscribe to:
Posts (Atom)