21.12.10

Kersfeesete by onse bou site...

Sit die kamera net op 200 en op 16; so maklik soos dit; sê Marius Human vir my; en daar neem ek die hele maan af en sit dit op die Internet; met 'n cheaperige mik'n'druk kamera sonder lense. Imagine as ek net lense gehad het (en dalk verstaan het wat die 200 en die 16 beteken het)... Die tafel is pragtig op die stoep gedek vir die feesmaal waarby ons gaan aansit; Marinda het haar self net weer fiks genoeg bewys om 'n Ma van honger kinders te wees - haar kos (veral die pampoen flatties met karamelsous en die so-sag-en-heerlik-soos-my-ouma-Bezuidenhout-se-elke-dag-vleis-uit-my-verre-verlede-sjoe-mis-ek-ewe-skielik-die-plot-met-die-raserige-pomp-perde-en-Clifton-koeldrank-buite-Rustenburg vleisies; ek het skoon 'n traan in my een oog gekry toe ek vir die derde keer gaan opskep. Baie ongemaklik gaan slaap; maar dit was wragtag die moeite werd. O ja; en Kersfees is ook gevier met persente en krismisboom met liggies, Amstel en swem.

Mamma; ver pregnant; kind op die heup; kaalvoet; agter die stoof; mooi!

En ek het geleer dat klein Jessica nie van kopstamp hou nie; lyk my nie dis 'n populere speletjie in ander mense se huise nie...

En JH verlang na die dae toe hy ook nog met gemak in een van hierdie baba-stoeltjies kom pas. Ek het so oor rolskaatse gevoel toe ek klein was - my Ma het my rolskaatse belowe as ek dit kon regkry om gewig te verloor (37kg steek in my kopvas); onnodig om te sê dat ek nooit rolskaatse besit het nie...


NOG 'n heerlike aand saam met wonderlike mense. Kan nie wag vir Riana om ons te join nie...

Piet die bouer...

Julle wonder seker hoe kry ek fotos geneem uit so 'n mooi hoë akute hoek; van my pragtige welige groene tuin...
Wel; jy werk op 'n scaffold; moerhoog in die lug; met lewens-gevaarlike power tools; en jy word vreeslik vuil (dat die stof drie dae later nog in stukkies uit jou ore kom as jy met jou sleutels daarin krap)...

Moerse grinder; en die breaker (jack hammer-tiepe masjien wat so djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-
djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-
djugga-djugga-djugga maak); en dan spat die pleister en die stene dat dit daaaar trek; en jou skouers wil afbreek; en jou skoene, klere, hare, die sitkamerstel, kombuis, kind, honde en vrou is net stof. Dit laat mens soos 'n regte man voel!!!





En die eindresultaat is iets waarop mens moerse trots kan wees - jou eie grootste gat ooit!!

Ek het vir Afrika ingeskry om vandag die pleisterwerk te kom doen, en om 'n ry stene of dalk twee bo in te bou nadat hy/hulle ook die lintels opgedra, opgetel, en vasgesement het. Ek sal more 'n meer finale foto op die blog sit.
My vloer het hier en daar so bietjie skade gekry; ek het my absolute bes probeer om dit te beskerm, maar dit het maar so bietjie woes gegaan. Ek sal dit net uitskuur; en dan sal die vloer seker 3 of 4 lae seelaar kry... (Is daar so woord soos seelaar?)

Dit is die uitsig uit die kamer uit!! En daar kom wonderlike lig en veral vars lug in die boonste gedeelte van ons huis (die eerste keer sedert 1962...). Ek kan nie glo die vorige eienaars het nie hieraan gedink nie. Die gemak waarmee hierdie hele bou-episode gegaan het, het my sommer heelwat ander planne gegee vir bouwerkies by die huis. Ek is nadese nie meer bang vir swaar tools wat met se hande kan afsny, of hoogtes nie.

Jaareindfunksie van die Wyngilde

Ek het al begin moed opgee met hierdie funksie; ons het vreeslik gesukkel om 'n datum te kry wat almal pas; uiteindelik besluit op die 21 November; en toe op die dag is almal siek. Gelukkig het Stapes nuwe lewe in die idee geblaas nadat ek al die ding gekanselleer het en krismiswense vir almal gestuur het. Die funksie het uiteindelik afgelope Woensdagaand by Orange plaasgeving. Wonderlike wyn is gedrink; and a merry time was had by all... (soos die sekretaris sou gesê het...)

En dit was vreeslik lekker om vir Marinda ook daar te hê. Jan-Hendrik het 'n skielike liefde ontwikkel vir die Human dogters. Thanks Leoné; dat ons kon uitgaan sonder om te worry of ons seuntjie in 'n hoekie pateties sit en huil (dis wat gebeur het die vorige keer toe ons die baby-sitting ding met iemand anders probeer het). Ek jok sommer; JH het nog nooit iets in 'n patetiese manier gedoen nie - daai kind het wragtag 'n sterk persoonlikheid. Hy was vandag die moer in toe hy nie saam met die bou-manne kon gaan "werk" nie; toe gee ek hom maar die grinder om mee te speel; toe hoor ek hy skreeu van ongeduldigheid, want hy sukkel om die grinder ($%&#!!) in die $%&#!! muurprop te druk. Gewone kinders van sy ouderdom probeer nog hulle vingers daar in kry; hy tel al tot 10...

15.12.10

Tiaan word gedoop

Wêreld; ontmoet vir Tiaan; Tiaan; ontmoet vir Wêreld. Tiaan is Jan-Hendrik se nefie, Marinda se broer Conraad se seun. En hy het defnitief daai pragtige blou van der Westhuizen oë geërf!! Tiaan is die fagelope naweek in Virginia gedoop. Ons kon ongelukkig nie daar wees nie (baie ver om te ry vir 'n terminaal swanger pasient); Verushka het vir ons hierdie pragtige fotos gestuur; en baie ander wat ewe mooi is.




Lyk my; soos enige ander geleentheids-koek (soos verjaardagkoeke) is die koek altyd die mooiste net voordat die baba dit beetpak; maar koeke is daar om te eet; so glo ek.



Baie geluk julle!! en sommer aan die hele familie!! Dis baie special tye.

13.12.10

Jessica se inseening

Op 'n pragtige renerige dag in Nelspruit word 'n baie spesiale kind in die AGS gemeente in Nelspruit ingeseen. Die mis hang laag oor die koppe in Steiltes, en daar is 'n baie fyn reen wat op ons val; amper asof ons in 'n wolk beweeg.

Die trotse Pa; Johan saam met sy dogter...


En almal wou haar graag vashou, want sy is so very special.



Marinda lyk veral baie mooi met 'n baba dogtertjie in die arms. Dis net 4 weke dan is klein Riana met ons.





Jan-Hendrik en Jessica is maatjies. Dis amper asof hulle met mekaar gesels in 'n gebare taal wat net hulle verstaan. Hy is baie geinteresseerd in die klein handjies, klein gesiggie, pienk voetjies, baba geluidjies.

En hulle kyk saam TV; kyk vir Lollos en die swart kat wat al weer die koekies gesteel het. Almal skud net hulle koppe oor die realiteite van die nuwe Suid-Afrika.


Hy gaan 'n baie oulike Ouboet wees vir klein Riana; lyk sommer na 'n verantwoordelike mannetjie wat vir haar baie lief gaan wees.

Doe koek en tee was fantastoes; beste cup cakes wat ek nog ooit gehad het. Absolute kunswerke!! Ek het so bietjie soos 'n vraat tekere gegaan; almal het.

Na die tyd het ons baie te drinke gehad en gebraai. Ek het 'n botteltjie Swartskaap deurgewerk (Hermanuspietersfontein Cabernet franc; special stuff). Met baie moeite na die middag se kuier gaan werk.

Die geleentheid is baie goed gedokumenteer; almal se kameras is groter as myne; dus is myne die kleinste; lyk my dat size does matter in die wereld van fotografie.

Jan-Hendrik ook gevoel dat die cup cakes iets uit die hemel is. Kyk daai bekkie.

Hy het 'n kort rukkie in die kar geslaap; ons het gedog ons gaan 'n rustige middag he; not to be...

Vroeer die dag in die kerk; hy het nie 'n minuut stilgesit nie; ek het hom so bietjie buitekant gaan wiks (moer in goeie Afrikaans).

Hy bly lief vir mens; al baklei mens meeste van die tyd. Amazing...


Ek het belowe ek gaan dit in die blog noem; and here goes: Ons sien almal vreeslik uit na die kersseisoen en al die vakansiedae; en die beste behoort te wees die SEKS (Sit, Eet, Kuier en Slaap). Groete aan almal.