Wêreld; ontmoet vir Tiaan; Tiaan; ontmoet vir Wêreld. Tiaan is Jan-Hendrik se nefie, Marinda se broer Conraad se seun. En hy het defnitief daai pragtige blou van der Westhuizen oë geërf!! Tiaan is die fagelope naweek in Virginia gedoop. Ons kon ongelukkig nie daar wees nie (baie ver om te ry vir 'n terminaal swanger pasient); Verushka het vir ons hierdie pragtige fotos gestuur; en baie ander wat ewe mooi is.



Lyk my; soos enige ander geleentheids-koek (soos verjaardagkoeke) is die koek altyd die mooiste net voordat die baba dit beetpak; maar koeke is daar om te eet; so glo ek.