djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-djugga-
djugga-djugga-djugga maak); en dan spat die pleister en die stene dat dit daaaar trek; en jou skouers wil afbreek; en jou skoene, klere, hare, die sitkamerstel, kombuis, kind, honde en vrou is net stof. Dit laat mens soos 'n regte man voel!!!
My vloer het hier en daar so bietjie skade gekry; ek het my absolute bes probeer om dit te beskerm, maar dit het maar so bietjie woes gegaan. Ek sal dit net uitskuur; en dan sal die vloer seker 3 of 4 lae seelaar kry... (Is daar so woord soos seelaar?)
Dit is die uitsig uit die kamer uit!! En daar kom wonderlike lig en veral vars lug in die boonste gedeelte van ons huis (die eerste keer sedert 1962...). Ek kan nie glo die vorige eienaars het nie hieraan gedink nie. Die gemak waarmee hierdie hele bou-episode gegaan het, het my sommer heelwat ander planne gegee vir bouwerkies by die huis. Ek is nadese nie meer bang vir swaar tools wat met se hande kan afsny, of hoogtes nie.