Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
26.6.10
'n Dag op die strand (Margate)
Ons loop deur die parkeer garage om by die strand te kom. Boeta loop voor - hy ken die pad.
Dag na Comrades
Die regte atlete slaap of huil saggies oor seer spiere en blase op hul tone. Oupa en Ouma kry kos in Jan-Hendrik se magie deur te lieg en te bedrieg (sien glo apies in die bome; lei sy aandag af, dan eet hy). Later dieselfde dag "verhuis" ons Margate toe om saam met Oupa Chris-hulle te gaan vakansie hou vir 'n week.
Margate - wat 'n heerlike strand. Ons het vir amper 'n hele week perfekte weer gehad.
19.6.10
COMRADES 2010!!!
Dis verdomp 02:00 (ja; in die oggend - ek was min in my lewe wakker teen 02:00, en dit was nooit vir 'n goeie rede nie). Hulle is bang - Marinda lyk sommer bang; Andrew steek sy vrees weg agter 'n "hey - ek's cool" gesiggie...
----------------------------------------
Net voor die race begin - vreeslik koud in P/Maritzburg. Swart sakke gekoop by die garage shoppie. Dit werk die beste. Duisende mense; almal kry koud; almal bang; great fun!
'n Laaste drukkie en foto voor hulle begin. Glo die meeste fun wat 'n ou met sy skoonsus mag he met 'n botteltjie vaseline. Sy woorde.
Sy's myne. Sy's myne. Sterkte my skat!!
----------------------------------------
Die support span het eers goed gaan uitrus na die atlete by die beginpunt gedrop is.
----------------------------------------
Nou vir ons 12 ure op die pad - ons verdien ook eintlik medaljes.
Die support span het eers goed gaan uitrus na die atlete by die beginpunt gedrop is.
Nou vir ons 12 ure op die pad - ons verdien ook eintlik medaljes.
By ons eerste "observasiepunt" by Richmond; 60km in die race in. Baie, baie mense - strome moeeë atlete. Niemand lyk baie gelukkig nie...
Support crew gedress to kill in pers. Ek lyk nie goed in pers nie.
En hier is die heros - lyk baie goed op die eerste oogopslag (onthou net dat Marinda maar eintlik altyd glimlag...). Ek is vol moed.
Maar - oooo neeeeee - Marinda gaan lê; voel glo glad nie goed nie. Ek troos my dat sy met die vorige Comrades op dieselfde plekkie ook 'n minuut gaan lê het.
Andrew voel ook so effe ongemaklik. Iets van dis ver; en hy's stuffed; en sy rug, en sy een been; of so iets. Ek het al geleer dat die supporter se beste tool vir spanningsvrye oorlewing op Comrades dag is om net nie te luister nie; en - o ja - vertel hulle hoe goed hulle lyk; al voel jy sleg daaroor.
By die einde - duisende mense (atlete, supporters, pick pockets, ens). Lekker plek, want almal lyk redelik verlig dis môre Maandag.
Deon is al laaaaaankal klaar - geen wonder hy lyk so effe dood na die tyd nie. Behandeling van keuse vir 'n ou wat 100km gehardloop het is 'n yskoue nat lappie op die voorkop. Ek het gedink dat dit sal help as hulle aanhou beweeg; goeie rehidrasie en 'n warm sweetpak werk ook. Maar goed - ek is nie 'n Comrades hardloper nie. Die basiese beginsels van fisiologie tel nie hier nie.
En (uiteindelik) hier kom Marinda, en Suzette bring haar in. Suzette is nou "amper op" Deon se vrou. Glo 'n inspirasie om mee saam te hardloop. Sy praat so baie, jy besef nie jy is moeg nie.
Andrew het ingekom so 'n rukkie voor hulle. Hy lyk uitstekend; nie moeg nie; nie seer nie; nie naar nie; hy lyk soos 'n man wat kan.
Yster!!
Alles lyk fine - dis nou voor Marinda gaan sit het; opgestaan het; omgeval het; mediese tent toe geneem is; gerehidreer is; ons almal groot laat skrik het, ens. Suzette het glo op pad kar toe (ook eers na hierdie foto) die kots-in-elke-asdrom medalje gewen. Ai - atlete darem.
Hy's OK, maar ek dink hier begin sy voel iets is vreemd. Die groot collpase kom...
18.6.10
Geen tekort aan support...
Die hele familie was daar om te help aanmoedig. Die oupas en die oumas, en andere wat van ver af kom (klink soos die bedankings by 'n troue...).
En al die marathonmaatjies (was daar om te sien hoe die Blou Bulle al weer alles wen...)
Die spanning bou op...
Ons is by die see vir vakansie, maar die eintlike rede is dat ons Durbs toe gekom het vir die Comrades marathon. Marinda doen haar tweede, Andrew sy eerste, en ek seker al my sewende een (langs die pad). Player 23.
----------------------------------------
By die expo het hulle die race packs opgetel. Ek sien die vrees in hul oë soos die realiteit van die geleentheid op hul neerdaal. Shame.
By die expo het hulle die race packs opgetel. Ek sien die vrees in hul oë soos die realiteit van die geleentheid op hul neerdaal. Shame.
Oppad na die Comrades vakansie!!
Alles gepak. Die sleepwa begin nou al te klein voel. Dalk moet ek belê in 'n groter een. Ons tradisionele stop by Badplaas (eerste bathroom break).
----------------------------------------
Hier is ons by ons tweede stop - die SPUR in Piet Retief. Hier eet ons gewoonlik ontbyt of middagete, en Jan-Hendrik het baie plek om te speel.

Dit was nou alles twee dae voor die Comrades.
Hier is ons by ons tweede stop - die SPUR in Piet Retief. Hier eet ons gewoonlik ontbyt of middagete, en Jan-Hendrik het baie plek om te speel.
Laat middag in Toti opgedaag; vreeslike Durban spitsverkeer gekry. Net om om te draai 'n uur later om vir Andrew by die nuwe lughawe op die Noordkus te gaan haal. Pragtige plek, maar vreeslik ver van die stad af. Hulle reken Durban gaan groei. Ek hoop vir hulle part so.
Dit was nou alles twee dae voor die Comrades.
Subscribe to:
Posts (Atom)