Jan Willem Hendrik en Jan Willem Hendrik het baie goed ge-click.
Dit was baie goed om Jan en Annette en die kleintjies weer te sien. Hulle was die laaste keer by ons in Nelspruit, en dit was baie lekker om by hulle in Stellenbosch te gaan kuier. En hulle nuwe huis is baie netjies.
Hier speel die kinders spring-spring. Oupa staan daar om te keer as hulle skeef en te hoog spring. Niemand was lus om 'n regte dokter te gaan soek nie. Kyk hoe keer Annies vir haar gesig!
Ouma en Oupa moes ook maar help om die kinders se magies vol te hou; hier was ons in die restaurant by Blouberg, en gelukkig het Ouma dit reggekry om vir Jan-Hendrik aan die slaap te maak - toe kon ons eet in vrede!
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
11.4.10
Niggies in die Kaap!
Jan-Hendrik en sy niggies het baie lekker gespeel, veral hy en Annies; die drie was elke wakker minuut van die dag besig met een of ander speletjie - spring-op-die-leerbank was die mees populere speletjie; Annies het hom mooi geleer hoe om op die gevaarlikste plekke af te spring. Ouma en Oupa het vir almal geskenke (en veral klere) saamgebring - kyk hoe mooi is hierdie twee in hulle baadjies! 
------------------------------
Nelia speel viool dat die biesies bewe (letterlik) - saam met haar pa en haar ousus. Die oulikste ding wat ek in 'n lang tyd gesien het. Die intensiteit was baie duidelik, en sy copy alles wat haar sussie doen.
Nelia speel viool dat die biesies bewe (letterlik) - saam met haar pa en haar ousus. Die oulikste ding wat ek in 'n lang tyd gesien het. Die intensiteit was baie duidelik, en sy copy alles wat haar sussie doen.
En haar sussie doen dit baie goed, en sonder enige inspanning!
Hier is die drie - die twee dogtertjies weet nou al dat 'n mens moet pose vir die kamera - die baba sien iets anders raak!
Hy het soms so bietjie met Nelia vasgesit - eintlik het hy die hele tyd met haar speelgoed gekarring - sy was nie altyd mal daaroor nie.
Hy het ook 'n oorlog begin met hierdie arme hottentotsgot; gelukkig het niemand seergekry in die proses nie. Hier was evolusie goed ten toon gestel - Jan-Hendrik het die drang gehad om die gogga dood te maak - eers gegooi met 'n blokkie, toe geslaan met strootjies en stokkies, en toe gegooi met 'n bal; en toe gaan haal hy 'n groter bal - dit was ongelooflik om te sien hoe sy breintjie planne maak! Die gogga het ook sy eie evolusionere tools goed gebruik! Eers homself laat groter lyk, probeer om in die trappe se hoekies weg te kruip, toe selfs (pro-aktief) aangeval, en toe selfs gemaak of hy dood was... Kom ons sê maar net dat niemand die fight gewen het nie (danksy Ouma Corrie).
Jan-Hendrik se eerste vlug!
Ons het oppad Two Oceans toe sommer in 'n hotel by die lughawe oorgebly, net om seker te maak ons mis nie die vlug Kaap toe die volgende oggend nie. Jan-Hendrik het (al weer) al die hoekies en knoppies in die kamer herontdek.
------------------------------
Die lughawe in Johannesburg lyk deesdae baie indrukwekkend, en is vreeslik groot! Mens voel of jy êrens oorsee op 'n lughawe loop. Dit moes 'n fortuin gekos het.. ek wonder wie het daarvoor betaal. En dis net sokker oral. Ek voel sommer lus en koop my geel bafana hempie!
Ons vliegtuig - Kulula.com - maande terug al bespreek teen so R2300 vir almal van ons (retoer). Nou kos dieselfde kaartjies omtrent R10000!
En die lughawe in Kaapstad is ewe indrukwekkend!
Jan-Hendrik het heerlik op-en-af in die vliegtuig se gangetjie gehardloop, en almal het maar gehelp kyk na hom! Stilsit wou hy nie. Terug het hy gelukkig die grootste deel van die vlug geslaap.
My seun en sy Ma by die vliegtuig waarin hy sy eerste vlug gehad het. Hy lyk nie regtig beïndruk nie.. 'n Heerlike warm sonnige dag in die Kaap!
24.3.10
'n Vinnige kuier...
Ons het 'n heerlike maar vinnige kuier gekry hier in Nelspruit - Oom Tros en Tannie MalPetro uit Randfontein - oppad Mosambiek toe om te gaan visvang. Dit was baie goed om hulle weer te sien. Nou weet hulle waar ons bly - kan gerus weer kom kuier. Jan-hendrik wa svan die eerste oomblik af MAL oor hulle! Wou niks van sy Ma en Pa weet nie.
Verjaardagpartytjie in die Kruger Wildtuin.
'n Kinderpartytjie in die Wildtuin - ek het nog nooit so min wild in die Kruger Wildtuin gesien nie, maar dit was 'n heerlike dag saam met goeie geselskap! Ons klomp het die Malelane kamp oorgeneem, en daar was klein mensies orals! Die tema was feetjies en kaboutertjies!
En daar is verskriklik baie moeite gedoen - die mamma van die kind werk al maande seker aan al die goedjies op die tafels en al die speelgoed en eetgoedjies in die goodie bags, ens.
En natuurlik was daar 'n fantastiese koek!

Marinda was glo mal oor die pannekoeksous!
Oupa en Ouma kom kuier vir die naweek!
Laeveld bruide!
Die goggas in ons tuin!
Die spinnekoppe in my tuin is amper so groot soos die slakke, en die slakke is groot genoeg dat jy jou enkel sal breek as jy in die donker oor hom val; en ek dink nie hy sal 'n moer omgee wie of wat jy is nie, want hulle is soos trekkers - stop vir niks nie. Kyk mooi na die spinnekop fotos - vergroot dit as jy moet - kyk na daai oë! Die slak se oë kon ek nie lekker fokus nie - vreemde kopvorm, jy sien...
Ons pragtige honde
Ons "ander" kinders waarvoor ons baie lief is, maar ons noem hulle nooit. Naka is deesdae so effe iesegrimmig - hy byt sommer 'n vreemdeling, en hy is ook so bietjie van 'n rassis (en ek vra wie is deesdae nie?). Ek dink hy is al by tye wat ons nie by die huis was nie deur een van ons mede-Afrikaners geboelie. Hy raak vreeslik gou die hel in, maar hy raak ook vinnig druipstert as iemand vinnig op hom afkom. 'n Eerlike hond.
Rassie (aan die ander kant) is so effe gek - hy lewe vir sy wit bal, en hy speel fetch soos 'n wêreld kampioen. Maak nie saak waar jy daai bal gooi nie - hy sal dit gaan haal, en weer, en weer, en weer, ens. Hy is mal oor swem, en hy raak so opgewonde dat hy te veel water drink en dan orals op die stoep sulke opgooi spatsels los. Ons het maar geleer om gewoond te raak daaraan. Dis net water.
Die laaste 3 weke was vreeslik vreemd - ek het vasgesit met meeste mense (behalwe my gesinnetjie). Dit sluit in die NG kerk, dominees, kollegas - in my opinie almal 'n klomp ... kom ons los dit eerder. Almal weet ek is reg. Die onlangse wyngilde vergadering by Pieter Stapelberg was een van die enigste hoogtepunte - reguit ouens - sonder enige pretensies of stront ...
Subscribe to:
Posts (Atom)
