Ons gaan wys vir die kinders hoe mooi Kaapstad en Tafelberg is. Ek was self seker 10 jaar gelede op die berg; dit bly darem 'n vreeslike indrukwekkende uitstappie. Ek het vergeet hoe hoog dit is, en met twee klein kindertjies wat net wil hardloop het ek en Marinda maar lekker ge-panic. Persoonlik, vreeslik mooi daar bo met pragtige uitsig; maar ek was baie bly om weer op die grond te wees met die kinders.
|
Hier hou ek die klein donner so styf vas dat ek bang was ek breek iets in sy hand.. |
|
Yskoud... wat wil hy eet? Roomys! |