28.7.14

Fantastiese naweek in die Wildtuin

Die manne naweek het gekom en gegaan. Mens sien so lank daarna uit, en dan is dit verby voor jy jou ogies kan uitvee (ek skryf maar "ogies" want my laptop kan nie kolletjies of 'n kappie op die 'e' sit nie; of dalk weet ek net nie hoe nie). Andrew en Oupa Jan hert vir my en Jan-Hendrik in Nelspruit gekry (Andrew was 'n dag te lank by sy tjommies en al die mooi Ugandese meisies in Kampala...) 

Mis ek vir Nelspruit? Natuurlik!! is die antwoord. Maar dit was goeie tye, en ek het aanbeweeg na iets nuuts (nie noodwendig beter nie). Sal ek dit oorweeg om terug te kom? Nee.

Ek was nog altyd mal oor die riviere in die wildtuin. Dit maak vir pragtige fotos. Mens weet dis baie mooi natuurtonele, maar tog gevul met die natuur se gevare en geweld.





Die legendariese Maroela Loop; vol fantastiese herinneringe; hierdie keer - niks.










Ons het alles gesien wat ek graag wou sien, behalwe vir die leeus in die pad wat ek graag vir Jan-Hendrik wou gewys het. Volgende keer!!!










Andrew; waar skiet mens hierdie skeppingshoogtepunt?
Beste antwoord - mens skiet hom nie.
Tweede beste antwoord - op die eerste strepie.


Die man het oorleef op ribbetjies. Ek wens ek kon ook daarvan kry.


Hy kan eendag vir sy kinders vertel dat hy ook die renosters in die wildtuin gesien het. Teen die tempo waarteen hulle hierdie pragtige diere nou vermoor (vir die waningeligde geloof dat "rhino horn" jou 'n horing gaan gee in Vietnam) sal my kleinkinders dalk nie die geleentheid kry nie. Bliksems!!!

Iets wat ek nog nooit gedoen het nie - gooi klippe by die uitsig af naby die Stevenson-Hamilton memorial. 

I love my boy!!!

Giant Kinfisher op die brug oor die Sabierivier tussen Skukuza en Tshokwane.





Is dit nie fantasties nie?

As ek kyk na die Troupand weet ek dat die Skepper 'n kunstenaar is.


Een van my gunsteling plekke op aarde - die Orpendam naby Tshokwane.
Sou ek te vroeg tot my einde kom sou ek verkies dat my as hier gestrooi moet word (vir die aandag van diegene wat my blog lees).


Jan en Jan gaan pee.



Selfs in die dood is meeste wesens pragtig.



Ek het hierdie foto al 'n honderd keer geneem (Sonopdam buite Laer Sabie). Lyk nog al die jare dieselfde.


Die pragtige meisies in my lewe het op hul eie ook 'n dag in die wildtuin gaan deurbring en by ons aangesluit vir die laaste aand. Ek het daardie aand my Ma en al my skoonsusters ten diepste gemis. JW, Jannie, Annie en Nelia ook.



Ons luiperd!! Jammer on shet hom gesien toe ons reeds laat was vir die hek by Berg-en-Dal. Maar so gaan dit in die wildtuin. Die mystique van die plek le vir my in die onverwagte en die goed wat mens net-net nie mooi kan sien nie. Dit plaas 'n skans tussen ons en hulle, en dit laat mens hunker na volgende keer - dalk sien ek hom met ons volgende besoek in die pad!! 







My dogter se pragtige twee-jarige bene. Sy vertel my dat 'sy mooi bene het' en dat 'sy nou mooi groot word'. Sy 'pose', en my hart kry 'n kramp.

Ek het hierdie foto baie vinnig geneem, want ek wil nie bekend staan as die ou wie se kinders die blerrie ding gebreek het nie...


"Don't take my picture, daddy!!" (nogal), "I don't like it when you take my picture" (nogal!!)

Soos 'n apie in die boom!!

Die laaste aand in die hotel op die lughawe - ons vergoed onsself met 'n hoop fish & chips!!