Een wintersoggend by Wits voel ek weer hoe die akademiese atmosfeer oor my neerdaal.
Ek sit met 'n knop in my keel en luister hoe my kleinboetie in 'n paar jaar in 'n ekspert op sy veld gegroei het.
En dan beweeg ons almal oor na die GREAT HALL toe vir Andrew en Tanya om BEIDE, OP EEN DAG, TEN AANSKOUE VAN DIE FAMILIE, VRIENDE EN KOLLEGAS hul PHD's te gaan ontvang. Dit is waarlik een van die grootste dae in ons gesin se lewens, en ek is seker in die Bothma gesin se lewens ook. Wat 'n groot voorreg!!!!
Oupa Jan wys nie veel nie (ek dink nie hy like fotos nie), maar ek is seker hy borrel oor van trots op sy jongste.
Ek is die grootste van almal, by verre, maar hierdie foto wys net weer dat rooi mens laat groter lyk. Maar vandag is 'n dag om groot te vertoon. Larger than life, so to speak.
En direk na hom is Tanya. Is dit nie fantasties nie? Dis 'n moment wat vir altyd by ons (verseker by my) sal bly; iets wat mens nooit sal vergeet nie; iets waarvan die grootheid eers later sal inskop.
En om alles te kroon, as jy mooi kyk sal jy sien dat die hele gesin op die verhoog PhD's ontvang het, al drie van hulle.
Die groot gradeplegtigheid is gevolg deur 'n heerlike kuier in 'n fantastiese restaurant. Ons het nie teruggehou nie. Brandy en Coke was dalk nie op die menu nie, maar dit was verseker deel van die tema.