14.7.12

Klassieke kamers by Innibos

Ek het die voorreg gehad om deel te neem by die eerste probeerslag van Klassieke kamers by Innibos. Dit het plaasgeving by La Villa Vita, 'n pragtige gastehuis in Nelspruit, met 'n sterk ou Italiaanse karakter.

Italiaans, met meer as 'n stukkie bosveld...





Die plek het pragtige tuine en 'n binnehof-swembad area wat in tydskrifte en movies behoort te wees. Die plek het 'n wonderlike atmosfeer geskep wat bygedra het tot 'n heerlike klassieke musiek ervaring (vir kunstenaar en konsertganger).






Eers was dit ons (ek, Walter Fourie en Janette Rottcher) met vier mooi werke vir tenoor, viool en klavier.


Hier is ek saam met Zanta Hofmeyr. Ek sien vreeslik uit na ons gesamentlike konsert in Augustus, en dit was 'n baie groot voorreg om haar beter te leer ken tydens Innibos. Sy voel vir my soos family!


Zanta en Susan Mouton het pragtige duete vir viool en tjello gedoen in die tweede klassieke kamer.


Die ene konsentrasie...


Daarna, saam met 'n lekker koppie sop en 'n broodjie, het ons almal geluister na die Drakensberg se seunskoor met die sing van 'n paar bekende en onbekende koorwerke. Baie indrukwekkend soos altyd.


Sommige groot geeste is ook daar waargeneem, soos o.a. Tobie Cronje.


Die laaste klassieke "kamer" was 'n ewe indrukwekkende optrede deur die bekende Jannie Moolman.

Die klassieke kamers inisiatief was 'n groot sukses hierdie jaar. Vier konserte, almal vroeg al uitverkoop. Volgende jaar sal hulle selfs groter gaan.

'n Seker bekende kritikus (een-of-ander Paul Something) het ons eerste konsert bygewoon, en soos die duiwel dit wou he was almal wat opgetree het siek. Hy kon homself natuurlik nie help om hier-en-daar negatiewe kommentaar te lewer nie.

Dit het my laat dink aan die einde van die pragtige kinder movie Ratatouille, waarin die kritikus Anton Ego se laaste publikasie lees as volg:

"In many ways, the work of a critic is easy. We risk very little yet enjoy a position over those who offer up their work and their selves to our judgment. We thrive on negative criticism, which is fun to write and to read. But the bitter truth we critics must face is that, in the grand scheme of things, the average piece of junk is more meaningful than our criticism designating it so. But there are times when a critic truly risks something, and that is in the discovery and defense of the new. Last night, I experienced something new, an extraordinary meal from a singularly unexpected source. To say that both the meal and its maker have challenged my preconceptions is a gross understatement. They have rocked me to my core. In the past, I have made no secret of my disdain for Chef Gusteau's famous motto: Anyone can cook. But I realize that only now do I truly understand what he meant. Not everyone can become a great artist, but a great artist can come from anywhere. It is difficult to imagine more humble origins than those of the genius now cooking at Gusteau's, who is, in this critic's opinion, nothing less than the finest chef in France. I will be returning to Gusteau's soon, hungry for more".

Dalk moet mnr. Paul Whatever agteroor probeer sit, die son op sy rug voel, die wonderlike scenery inneem, en sy hart laat versag. Dis after all 'n fees. Shame...