8.2.12

En so begin die nuwe jaar!!!

Die jaar het begin met 'n smile!!! Die gesin is pragtig en gesond. Sussa groei vinnig en hardloop deur die huis en deur al haar mylpale. Sy is slim, vriendelik en BAIE cute. Haar woordeskat is al meer as 20 woorde. "Pappa" is natuurlik die mooiste. Of eerder "PAPPA!!!!!"

Haar Boetie is natuurlik 'n unieke karakter, iets tussen Simba die leeu en Darth Vader, soms 'n engeltjie, soms 'n draak... Hy hou van drake. "Dwagons"; "Surfies" (Smurfies); "Oooo Neee!!!" is van die snaakse goed wat hy deesdae sê. En natuurlik "Ouma Kôôôlie".

Al hierdie fotos is geneem so in die eerste week van Januarie 2012 toe Oupa Chris en Ouma Hanna saam met klein Tiaan kom kuier het.









Vreeslik lief vir mekaar!!


Sy gunsteling boek...
Ons het gedink dis goed om hom van die begin af te leer dat die lewe nie regverdig is nie...




Mr. T...!




Engeltjies?






Daar is 'n klein verskilletjie tussen 'n klap en 'n liefdevolle vat...