9.2.12

LANA VERJAAR!!!!!!

Fotos wat geneem is toe Lana verjaar het. ONS DOGTER WORD 1!!!!

Waar beter om 'n verjaardag te gaan vier as in die plaaslike Spur?


Oupa Chris, Ouma Hanna en Tiaan is saam.
Ouma pas die seuns op by die speelplek.
Oupa Chris pas ons op.




What the...?

Al die opwinding was op 'n stadium so bietjie te veel...


Na die ete op pad terug kar toe het die kinders so bietjie in Feetjieland gaan besoek af lê.




Hier is 'n wonderlike oomblik tussen Lana en 'n seuntjie wat op dieselfde dag gebore is. Hulle het ook die geleentheid gaan vier in die Spur. Hulle is twee van 13 wat daardie dag gebore is. Ons soek nog na die res.

Ek kan nie glo my dogter is al 'n jaar oud nie. Die tyd gaan baie vinnig verby. Dis bietjie sad, maar aan die ander kant is mens baie gelukkig hulle is so pragtig en gesond. En om jou kinders te sien groei en groot word is 'n fantastiese voorreg.

Life is good!!!