Almal staan en luister aandagtig. In die agtergrond kom Jan-Hendrik so effe laat aangedrentel; mens kan net wonder waar hy was en wat hy gedoen het.
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
27.9.11
Besoek aan die brandweer
Een van Jan-Hendrik se maatjies het verjaar, en die partytjie het ingesluit 'n besoek aan die plaaslike brandweer. Die vriendelike "oom brandweerwaman" het hulle mooi verduidelik hoe die storie werk, en hulle het elkeen die geleentheid gehad om die groot tuinslang vas te hou.

Jan-Hendrik reken die dogtertjies het elkeen addisionele hulp nodig.
Almal het dit duidelik baie geniet.
Interessante vrae is gevra; goeie besprekings het gevolg.

Almal staan en luister aandagtig. In die agtergrond kom Jan-Hendrik so effe laat aangedrentel; mens kan net wonder waar hy was en wat hy gedoen het.
Almal staan op aandag wanneer die reëls van brandbestryding uitgelees word. Die volk lyk reg vir enige oorlog.
Sussa luister, maar volg nie... Maar sy is gedress vir die geleentheid; toepaslik in bransbestryding rooi.
Elkeen treek ook die brandweerwaman se bootse en broek aan, want dit maak brandbestryding makliker.
Almal staan en luister aandagtig. In die agtergrond kom Jan-Hendrik so effe laat aangedrentel; mens kan net wonder waar hy was en wat hy gedoen het.