Die fotos is dalk so twee weke laat. Ons het vir Jan-Hendrik 'n verjaardagpartytjie saam met sy maatjies by die skool gehou so in die middel van September. Onthou met sy verjaardag (die 1'e) was ons eintlik in JHB.



Die man speel soos 'n aap in 'n boom.


Dit was ure van spring en speel; gil en skreeu; wonderlik om 'n kind te wees!

Tafel netjies gedek met allerande eetgoed en speelgoed. Marinda het al weer baie moeite gedoen; die beste Ma in die wêreld.

JH soek die koek se reënboog; en langs hom sit ... Tessie.
(ek sien nou eers die moerse mes wat sommer daar oop en bloot op die tafel lê; maar OK dis darem Afrika, en hier moet kinders baie van messe af weet... sien dit dus as 'n educational tool)