4.1.11

LANA!! Dag 2

Ons het 'n baie rustige nag gehad. Sussie het styf teen haar Ma gelê en slaap vir omtrent die hele nag; ek het hulle nie gehoor nie. Ek het darem ook hier en daar bietjie slaap gekry. Die vloer van die kraamsaal is verbasend hard..


Ons engeltjie met haar Swanepoel-gesiggie; groot voorkop en al. Sy is die pragtigste ding in die wêreld.

Maar sy het 'n attitude waaraan ons sal moet gewoond raak. Jan-Hendrik was easy; hierdie een verander van engeltjie..

.. na drakie in 'n breekdeel van 'n sekonde. Sy hou nie van so-en-so lê nie; ons probeer dit nog uit-figure.

Sagte woordjies en Mamma se stem maak haar gou-gou rustig; Pappa probeer sy bes; met minder sukses.

Ek is soooo trots; maar ook sooooo moeg...

Life is great!!!