Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
5.1.11
Lana kom huis toe!!
Nog 'n lang nag... harde vloer... maar Sussie was rustig; sy en haar Ma is gesond!!! Vandag gaan ons huis toe.
Laaste bad in die hospitaal; Sussa hou nik van bad nie; vreeslike keel opgesit!!

Laaste ontbyt in die hospitaal; môre eet ons lekker, moenie worry nie. Net 'n grappie; die hospitaal se kos is heerlik!! Ek was jaloers. Ek het drie dae lank gelewe op Wiesenhof se take-aways...
Kyk Lana se perfekte koppie!! Heelwat meer hare as Jan-Hendrik met geboorte.
En perfekte gesiggie. Ogies oop; wakker; geinteresseerd!! Laat my dink aan Jan-Hendrik op daardie ouderdom. Net kleiner; skerper gesiggie.


Ons is oppad huis toe; neem net gou 'n laaste fototjie!!
Ons het die nuweling gou vir die lab se personeel gaan wys.
Groepfoto van die histologie span; die foto gaan seker reguit Amchat toe vir die volgende uitgawe. Ek het die beste kollega in die wêreld - Reinette (heel links op die foto) het haar see-vakansie kort geknip met een week net om by die werk te wees terwyl ek op die kraamsaal se vloer slaap. Baie dankie kollega; jy is 'n wonderlike pel.
En EENDAG OP 'n REëNDAG... ry ons huis toe (sonder 'n babastoeltjie; teen 10km/uur); dit reën buite; dis fantasties!! Kan dit nie beskryf nie; ek is die trotste pa in die wêreld.