Net een week later en Jan-Hendrik se voorkop lyk amper weer normaal. Hy het die rowe ontdek en groot vreugde gevind daarin om dit af te krap. Ons was afgelope Saterdag my Dylan Busschau se 2'e verjaardag (ja, dit is 'n van, en dit is reg gespel...). JH was aanvanklik so bietjie skaam, maar het toe later heerlik saam met al die maatjies gespeel, veral die ouer kinders en die hond.
Die verjaardagmaatjie is die groen ene. Hy is glo mal oor parras (meeste seuns is mal oor parras, en ek dink min van hulle ontgroei dit heeltemal...).
Lyk of hy 'n zol aansteek...
Die twee manne speel heerlik saam; ewe stoutgat, slim en nuuskurig.. Een met baie hare; en die ander met min...
Die koek was pragtig - 'n groot groen parra!
Hier is Dylan se Pa en Ma, en sy Pa (Crazy Dave) moes hom help met die kersies doodblaas, want vir hom was dit mooier in die lewendige toestand. Waar kom dit vandaan dat mens kerse moet doodblaas? Klink effens verkeerd - dooie kerse dui mos op die einde van iets; 'n nuut-aangesteekte kers dui mos op die begin van 'n nuwe lewensjaar. Ek wonder maar net...
En die maatjies eet, en die maatjies speel.
En die hond gedra hom self (dalk 'n sy; haarself..). Kan nie sien nie - balon in die pad... Het nie probeer kyk by die partytjie nie; sommiges sou dit vreemd gevind het..
Heerlike partytjie; baie goeie mense!!