Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
16.7.10
Lekker by die huis; lekker om klein te wees...
Dis lekker by ons huis. Dis die lekkerste plek in die wêreld! Geen wonder ek kan elke middag nie wag om by die huis te kom nie, want mister man (soos Gill Stroebel hom noem) en sy ma is by daardie huis!
En die kombuistafel is een van sy favourite speelplekke. Hy sukkel om onderskeid te tref tussen 'n appel en 'n bal. Dan gooi hy maar beide. Ons het nie lekker eetbare appels in ons huis nie. Ons moet ons appels vir hom wegsteek.
Verspot!!

Kyk hoe lief is hy vir Naka. Dis 'n wonderlike hond. Hy is ook mal oor Jan-Hendrik. Hy (JH) druk en soen ou Naka - dood happy... goeie hond. Rassie is egter 'n jaloerse hond. Mens moet hom mooi dophou. Hy grom vir JH. Ek wag net dat JH groot genoeg is om vir Rassie oordentlik te skop - die verhouding en die hierarchy sal normaliseer met tyd. Eintlik wil die twee honde mekaar doodmaak as JH te veel aandag aan Naka gee. Ek is net bang hy kom tussenin en word gebyt. Gepraat van hondbyte - kyk later!