Kyk hoe mooi en soet sit my seun en sy kossies. Daar is nie 'n stout been in sy lyfie nie.
En die partytjie is net so lekker vir al die mammas. Die pappas staan buite; drink bier en praat oor hul slegte skuld en Prado's (prokureurs...)
Hier kom die ding - daar is twee honde - Jack Russels - lyk amper soos Naka en Rassie, en ek dink Jan-Hendrik kon nie die onderskeid tref tussen bekend en vreemd nie. Hy was ook die enigste kind wat enigsins aandag aan die honde gegee het - hy wou hulle ook maar net soen en druk (soos hy met Naka en Rassie speel by die huis). Ek het gedink so iets kan dalk gebeur maar wou niks sê nie. Dalk sou dit beter gewees het om die honde toe te maak vir die twee ure van die partytjie, maar dit lyk my ander mense deel nie my vrees vir hondbyte nie; dalk omdat ek first hand geleer het hoe 'n gevaarlike en onvoorspelbare ding 'n hond kan wees... vra die Griek (dis 'n hele ander storie...).
Een bedonderde hond; een huilende kind; bloed oral - kind gebyt in die gesig; MY kind; en net ek en Marinda is bekommer daaroor. Mens wonder hoe sou die res van die mense opgetree het sou dit hulle kind was wat in die gesig gebyt is. Maar OK, dit kon heelwat erger gewees het, en soos ek hier sit moet ek erken dat die kind se liggaam ongelooflik genees - die merke is so-te-sê weg (1 week later). Dankie tog. Na die hond hom gebyt het, het hy so 10 minute gehuil; toe wil hy weer met hulle gaan speel. Ons het onsself vroegerig verskoon en gaan Savlon koop. Ter wille van vrede en vriendskap dalk die regte optrede. Die honde se eienaars het sekerlik die les geleer.