
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
15.12.10
Tiaan word gedoop
Wêreld; ontmoet vir Tiaan; Tiaan; ontmoet vir Wêreld. Tiaan is Jan-Hendrik se nefie, Marinda se broer Conraad se seun. En hy het defnitief daai pragtige blou van der Westhuizen oë geërf!! Tiaan is die fagelope naweek in Virginia gedoop. Ons kon ongelukkig nie daar wees nie (baie ver om te ry vir 'n terminaal swanger pasient); Verushka het vir ons hierdie pragtige fotos gestuur; en baie ander wat ewe mooi is.


13.12.10
Jessica se inseening
Op 'n pragtige renerige dag in Nelspruit word 'n baie spesiale kind in die AGS gemeente in Nelspruit ingeseen. Die mis hang laag oor die koppe in Steiltes, en daar is 'n baie fyn reen wat op ons val; amper asof ons in 'n wolk beweeg.
Die trotse Pa; Johan saam met sy dogter...
Marinda lyk veral baie mooi met 'n baba dogtertjie in die arms. Dis net 4 weke dan is klein Riana met ons.


Jan-Hendrik en Jessica is maatjies. Dis amper asof hulle met mekaar gesels in 'n gebare taal wat net hulle verstaan. Hy is baie geinteresseerd in die klein handjies, klein gesiggie, pienk voetjies, baba geluidjies.
En hulle kyk saam TV; kyk vir Lollos en die swart kat wat al weer die koekies gesteel het. Almal skud net hulle koppe oor die realiteite van die nuwe Suid-Afrika.

Hy gaan 'n baie oulike Ouboet wees vir klein Riana; lyk sommer na 'n verantwoordelike mannetjie wat vir haar baie lief gaan wees.

Doe koek en tee was fantastoes; beste cup cakes wat ek nog ooit gehad het. Absolute kunswerke!! Ek het so bietjie soos 'n vraat tekere gegaan; almal het.
Na die tyd het ons baie te drinke gehad en gebraai. Ek het 'n botteltjie Swartskaap deurgewerk (Hermanuspietersfontein Cabernet franc; special stuff). Met baie moeite na die middag se kuier gaan werk.
10.12.10
Marinda se swangerskap (volgens haar die laaste een) kom nou vinnig tot 'n einde. Gelukkig het die weer die laaste paar dae mooi saamgewerk; koel en bewolk; heerlik. Ek sal nie regtig weet nie - ek spandeer my dag maar in 'n kantoor met aircon...
Gedurende die dag kry ons soms besoekers wat af-en-toe getrakteer sal word met ons vrot vrugte; vrugte word verbasend vinnig vrot in die Laeveld. Hulle is ook maar net 'n family, né. Daai kleintjie klou aan sy Ma se rug soos Jan-Hendrik deesdae op my rug vasklou wanneer ek vir hom Youtube se helikopters wys (oor en oor en oor en oor...).
Die kersboom is op en kry vreeslik baie aandag in ons huis. Mamma het nuwe liggies en kleurvolle balletjies gekry; Jan-Hendrik weet waar om die liggies teen die muur aan te sit. Dit help ook nie om die plug uit te trek nie; hy weet hoe om dit terug in te sit!
Hier is Jan-Hendrik saam met ons ever-so-nervous Rassie; of Sassie soos JH sê. Ek is die hele tyd bang Sassie byt hom as ons naby isl dis die jaloerste hond op aarde; maar lyk my Jan-Hendrik kan hom uitsort; so op sy eie manier. Ek sien hy slaan die honde af-en-toe met die verestowwer of iets ewe onskuldig; besig om sy dominansie in die pack af te dwing...
En hierdie is nou gisteraand se groot drama - meneer vreeslik cute in die bad; speel saam vir die fotos met skuim op die koppie en mooi breë glimlag en tanne wat komplementeer...
...toe donder hy uit die bad uit; kop eerste op die harde teelvloer; toe res van gesig; en toe kom hy letterlik gat-oor-kop kliphard op die vloer neer; selfs ek het geskrik, en ek skrik nie sommer nie; patoloë is mos nie bang vir goed nie...
Die yspak het so bietjie verligting gegee; meer gesorg vir die herstel van die gemoed as enigiets anders; maar Pappa moes eers die yspak op sy eie kop sit vir JH om dit te koop. Daar lê ons - hy met die yspak vir twee sekondes op sy eina-knopkop; dan 3 minute op my gesonde kop; ys irriteer na 'n rukkie het ek geleer...
Die aand by die Spur vra die mense my of ons nie hom moet wakker hou soos die ou mense gesê het nie; nee; sê ek want hy was na die val en voor die slaap weer stout; die verskil in my opinie tussen slaap en koma... Nie akademies nie, maar herhaalbaar...
Ietsie vir my eie kopseer en kwale... dit werk ook!
Ons vier Yolandi Human se verjaardag (ek dink sy's 22; ek mag verkeerd wees, sorry); where else? Innie Spur.. Ons ken daai Spur nou al redelik goed, en na gisteraand ken ek dit nog beter, want Jan-Hendrik wou nie stilsit nie.
Meeste van die buddies was daar - Erasmusse, Humans, Mathyssens, Swanepoels, Jessica ook!!
En die verjaardag maatjie; baie nice van haar om iets te reel vir die klomp ou mense in Nelspruit; sy's eintlik 'n vrygeestelike Pretoriaanse girl; met haar eie pelle wat jonk genoeg is om ons kinders te wees.
En die verjaardag maatjie; baie nice van haar om iets te reel vir die klomp ou mense in Nelspruit; sy's eintlik 'n vrygeestelike Pretoriaanse girl; met haar eie pelle wat jonk genoeg is om ons kinders te wees.
5.12.10
'n Baie besige bloedig warm Saterdag in Nelspruit
Saterdagoggend was dit Jan-Hendrik-hulle se musiekklas kersboom partytjie. Dit was net tweejariges everywhere. Kleurvol en loud; en Jan-Hendrik was die besigste van die hele spul...
Pragtige kersboom!!
Pragtige kersboom!!
Subscribe to:
Posts (Atom)




