1.2.10

Sondagmiddag all-you-can-eat buffet by Bundu

------------------------------
Gister het ons by Bundu Country Lodge gaan eet. Wat 'n heerlike buffet!! Ons was almal lekker (dik) ek meen versadig aan die einde van daai oorlog, en daar was niks wat ons nie probeer het nie. En Jan-Hendrik het homself vreeslik goed gedra; nogal die nageregte baie geniet; en hy het almal daar vermaak.


------------------------------
Ek stem saam, my seun - die kos was verbasend lekker...
------------------------------
Ek stem saam my seun - dit was nogal hartseer toe ons moes loop...

Die goggas by ons huis.

Die groot slakke is op 'n migrasie van soorte - teen my mure uit, en hulle los sulke meters-lange snotspore waar hulle gaan!
------------------------------
Hierdie is 'n baie klein spinnekoppie (ongeveer 8mm groot, insluitend pote), en ek kon nog nie sy naam opspoor nie. In die tuin by die studeerkamer se vensters. Ek het al baie mooi spinnekoppe en ander goggas in daai tuintjie raakgeloop.

------------------------------
En wat is hierdie? Nee, dis nie 'n slang se kop nie. Ook nie een of ander alien soos ET nie. Dit is 'n Maroelapit!

Hand-oog koordinasie ... met 'n hamer

Saterdagmiddag (afgelope naweek), en Jan-Hendrik smeek my so-te-sê om buite te gaan speel. Ek was so bietjie moeg want ek het die hele naweek die garage skoongemaak, en alles in die stoortjie ingetrek onder in die tuin. Nou is die garage weer netjies, skoon, en ek voel ek kan my gholfstokke daar los!
En daar is geen beter speletjie as om hand-oog koordinasie te oefen met 'n hammer en 'n spyker. Boeta is baie goed daarmee. En hy slaan homself nie raak nie (al draai die hammer 2cm voor sy voorkop).

Soms het jy nie 'n spyker nodig nie - die dekhout sal ook doen!
Check al sy tande!


Boeta dans!!

Kyk net hoe cute is dit!!! Hy is mal oor musiek. Hy ken nou al die verskil tussen pomusiek met 'n beat, en klassieke musiek (sonder die doef-doef beat). Hy dans wanneer hy popmusiek hoor, en hy gaan soek om te kyk of ouma by die klavier is as ek klassieke musiek op die hi-fi sit.

Daai eerste pleister-eina!

Boeta is deesdae baie spelerig, en hy dink ook sy eie speletjies uit (en ons almal moet saamspeel, al is die spasie min...) ----------------------------
Ons gee deesdae vir hom sy eie bord kos, en op 'n snaakse manier kry hy tog van die kos in sy mond. In ons huis is eettyd ook speeltyd! Maar dit is moeilik om te leer self eet... As hy maar net weet hoe moeilik Wiskunde gaan wees!



------------------------------
En hy raak baie maklik aan die slaap. Wanneer hy slaap is ook die enigste keer wat hy stil lê; dan doen ons goed soos naels knip, ens.

------------------------------
En die eerste ernstige sny! Op 'n skerp ding in een van die kaste in die kombuis waarin hy nie veronderstel was om te krap nie.


So word hy groot. Elke dag.

Selfoonfotos - Marinda se verjaardag

Leoné het hierdie fotos geneem op Marinda se verjaardag, die 6'e Januarie. Die pelle het by die News Café bymekaar gekom vir 'n cocktail (of twee...)





23.1.10

Aan die einde van die wynproe...

Dit was 'n wonderlike aand!! Die wyn was heerlik en die geselskap nog beter. Ons het vanaand 4 Rieslings geproe (Schlumberger uit Alsace, Gruveldange uit Luxenburg, Klein Constantia, Hartenberg), en dan 3 great Chardonnays (Glen Carlou, Rupert en sy pel, Spier (dubbel goud)).
Die seleksie van die wyne was 'n absolute treffer!! Almal het dit vreeslik geniet, en die kos!!! Wat kan ek sê... My vrou is 'n absolute WENNER!! Sticky lek-jou-vingers-af chicken, en baie daarvan!!
Hier is Paul en Jacques in 'n lekker besope toestand aan die einde van die aand.

En Hendrik Toerien, Oom Noel, my Ma, Andre Pistorius, Jacques Eybers en Paul in die agtergrond..

En ou pelle - my Pa en Oom Paul. Ook vreeslik vriendelik.

Oom Noel analyze nog so bietjie, en Andre lyk vir my maar lekker blink gedrink.

'n Heerlike eerste wynproe geleentheid vir ons by Millerstraat 13, en 'n baie goeie begin vir die jaar! Die standaard en die verwagting is baie hoog, manne. Uithaal en wys, sê ek.

Die huis lyk by die dag beter...

Ons skarrel nou al weke om die huis te laat nog beter lyk vir die wynproe geleentheid by ons huis, Donderdag 21 Januarie.
En die tafel op die stoep wat ons laasweek Vrydag begin bou het was 'n reuse sukses - groot genoeg vir 11 volwasse mans! Pragtige donker duursame hout.

Ek het 'n paar kroegstoeltjies by die marathonklub gaan leen. Dankie Hendrik van Dyk (voorsitter). Dit lyk of dit hier hoort. Ek sal vir my gaan barstoeltjies koop sodar daar weer bietjie geld is.



"Nite" race by die marathonklub.

Woensdagmiddag laat, en sy ma gaan 'n blitsvinnige 10km hardloop. Kyk hoe kyk hy vir al die mense.Die mannetjie was mal oor die groot Coke trok wat die musiek gemaak het; julle moet sien hoe vang hy die beat met sy heupies. Almal kyk vir hom, sommiges neem fotos.


Ek het verskriklik rondgehardloop agter hom aan; ek voel amper dat ek ook 'n medalje moes kry aan die einde van die aand!!



17.1.10

Die naweek wat verby is ...

Vrydag was die eerste Lowveld-Docs gholfdag vir die jaar. Rampspoedig begin vir Marinda - ons het 'n babysitter gereel (Stacy Bockel), maar toe ons wil ry toe breek Jan-Hendrik die huis af. Toe maak ons die fout en vat hulle (baby en -sitter) saam gholfbaan toe, en daar het hy toe die gholfbaan omtrent afgebreek. Marinda was terug by die huis nog voor die starter haar naam genoem het...

-------------------------------------
Ek is vreeslik bly die plumbing was 'n sukses. Die pomp is terug op sy plek, doen sy werk; die swembad is skoon, en die watervlak by waar hy is. OORWINNING!!
-------------------------------------
Ja - ons bou al weer, maar die keer 'n klein projekkie wat MOET klaar wees voor die groot wynproe by ons huis Donderdagaand. Ons bou 'n "kroeg" op die stoep; met 'n bree houtblad bo-op. Ek dink dit gaan baie lekker wees, en die kinders gaan waarskynlik hier sit en hulle huiswerk doen eendag.


-------------------------------------
Saterdag was on by Theuns Meyer se 4'e verjaardag. Die maatjies was dalk te groot vir Jan-Hendrik, maar hy het nog steeds sy bes gedoen om saam te speel. Ek dink hy besef ook sy beperkinge.


-------------------------------------
Die ou groen jeep het vir baie opwinding (en trane) gesorg. Hulle het baie vinnig die toeter ontdek, en dit was nie lank nie toe wil die laaities weet hoe "start" die ding... Suzette en Deon het hulle hande vol gehad. Ons ook.
-------------------------------------
Jan-Hendrik was mal oor die vliegtuig - effe besitlik oor die pilot se sitplek; in die son - sy skouertjies het 'n bietjie gebrand, want later was dit sommer kaalgat (net met 'n doek) in en uit die water; op en af die vliegtuig.

-------------------------------------
Theunsie se vliegtuigkoek het erg deurgeloop. Geen genade vir 'n ding met so baie suiker op nie!!

-------------------------------------
En al die mooi mammies wat so rond sit en son kry. Tog te fraai...

-------------------------------------
Daar is ernstig rugby gespeel ..

-------------------------------------
En sommiges het op die paveljoen gesit en raad gee ...

-------------------------------------
En toe begin die swemmery en glyery. Daar was 'n nes van gladde wit lyfies op daai glybaan; en Deon gooi net wasgoedseep op om dit nog gladder te kry. En Jan-Hendrik was glad nie skaam nie. Ek het hom 'n paar keer lekker rof en vinnig ook daar afgegooi. Hy het dit baie geniet.

-------------------------------------
Vrek vuil en vrek moeg het ons later huis toe gegaan en almal verder gaan slaap.

-------------------------------------
Jan-Hendrik het ook sy beurt agter die stuurwiel van die jeep gekry. Kyk waar hang daai doek (van swembadwater)!!

-------------------------------------
Vandag het ons drie 'n rustige rondte gholf gaan speel. Jan-Hendrik is baie soet op die gholfbaan. Hy wil nie die hele pad op die karretjie ry nie, en hy het lang ente geloop en gehardloop. Selfs 'n paar shots gehad met sy eie gholfstok. Dit was 'n heerlike dag - bewolk maar tog warm.

-------------------------------------
En die gholfbaan is pragtig - goed versorg, en vreeslik groen.

Wat hierdie week vir ons wag is die kuiertjie van my Pa-hulle met die twee Belge (Oom Paul & Noel), en dan ook die wyngilde se vergadering hier by ons huis Donderdagaand. Dit gaan 'n besige week wees!!