-------------------------------------
Ek is vreeslik bly die plumbing was 'n sukses. Die pomp is terug op sy plek, doen sy werk; die swembad is skoon, en die watervlak by waar hy is. OORWINNING!!
Ja - ons bou al weer, maar die keer 'n klein projekkie wat MOET klaar wees voor die groot wynproe by ons huis Donderdagaand. Ons bou 'n "kroeg" op die stoep; met 'n bree houtblad bo-op. Ek dink dit gaan baie lekker wees, en die kinders gaan waarskynlik hier sit en hulle huiswerk doen eendag.
-------------------------------------
Saterdag was on by Theuns Meyer se 4'e verjaardag. Die maatjies was dalk te groot vir Jan-Hendrik, maar hy het nog steeds sy bes gedoen om saam te speel. Ek dink hy besef ook sy beperkinge.
-------------------------------------
Saterdag was on by Theuns Meyer se 4'e verjaardag. Die maatjies was dalk te groot vir Jan-Hendrik, maar hy het nog steeds sy bes gedoen om saam te speel. Ek dink hy besef ook sy beperkinge.
Die ou groen jeep het vir baie opwinding (en trane) gesorg. Hulle het baie vinnig die toeter ontdek, en dit was nie lank nie toe wil die laaities weet hoe "start" die ding... Suzette en Deon het hulle hande vol gehad. Ons ook.
Jan-Hendrik was mal oor die vliegtuig - effe besitlik oor die pilot se sitplek; in die son - sy skouertjies het 'n bietjie gebrand, want later was dit sommer kaalgat (net met 'n doek) in en uit die water; op en af die vliegtuig.
Theunsie se vliegtuigkoek het erg deurgeloop. Geen genade vir 'n ding met so baie suiker op nie!!
En al die mooi mammies wat so rond sit en son kry. Tog te fraai...
Daar is ernstig rugby gespeel ..
En sommiges het op die paveljoen gesit en raad gee ...
-------------------------------------En toe begin die swemmery en glyery. Daar was 'n nes van gladde wit lyfies op daai glybaan; en Deon gooi net wasgoedseep op om dit nog gladder te kry. En Jan-Hendrik was glad nie skaam nie. Ek het hom 'n paar keer lekker rof en vinnig ook daar afgegooi. Hy het dit baie geniet.
Vrek vuil en vrek moeg het ons later huis toe gegaan en almal verder gaan slaap.
Jan-Hendrik het ook sy beurt agter die stuurwiel van die jeep gekry. Kyk waar hang daai doek (van swembadwater)!!
-------------------------------------Vandag het ons drie 'n rustige rondte gholf gaan speel. Jan-Hendrik is baie soet op die gholfbaan. Hy wil nie die hele pad op die karretjie ry nie, en hy het lang ente geloop en gehardloop. Selfs 'n paar shots gehad met sy eie gholfstok. Dit was 'n heerlike dag - bewolk maar tog warm.
-------------------------------------
En die gholfbaan is pragtig - goed versorg, en vreeslik groen.
Wat hierdie week vir ons wag is die kuiertjie van my Pa-hulle met die twee Belge (Oom Paul & Noel), en dan ook die wyngilde se vergadering hier by ons huis Donderdagaand. Dit gaan 'n besige week wees!!