22.12.14

Kuala Lumpur halfmarathon 2014

By die expo in Kl om ons nommers op te tel. Ek het besluit om nie te hardloop nie; niks geoefen het nie. Marinda gaan die 21km doen; sy kan.

Dit het my bietjie depressed gemaak, en gatvol vir myself, dat ek so slapgat en lui geword het!!! Dammit!!!


5 o'clock; oppad KL city center toe met die subs.


Drie raaie wat was die amptelike kleure van die event?










I guess - three things I'm not...



Twee uere later. Lyk alweer of sy om die blok gehardloop het. Mooi Mirans!!!! Trots op jou!!!



Kuala Lumpur - argitek se droom

Ek en Marinda het twee dae gehad om KL te verken. Die plek is vol energie en lewe, en honderde pragtige geboue, groot groen parke, speelplek vir oud en jonk. Ons het by die Traders hotel gebly wat so 'n kilometer vanaf die Petronas Towers af is (oorkant hulle "central park").

Traders Hotel is deel van die ICC. Tydens ons besoek was daar 'n beauty & cosmetics expo; Marinda was daar; ek het 'n uur gaan slaap.





Binnekant van die Suria KLCC; massiewe shopping center.


'n Baie besige restaurant in die KLCC. Hulle groet jou met terne soos "sharp sharp" en "yebo!!"

Die underground wat deur die hele KL vleg. Spotgoedkoop (omtrent R1 per km).




Die argitektuur is 'n pragtige ballans tussen oud en nuut; mislim en westers.



Een van vele markte - elkeen met sy eie kleure en geure (Chinese, Indies, etc.)





Hier koop mens taxi kaartjies voor die tyd; geen taxi drywer kan mens hier bedonner nie.

Die paleis; mens kan nie ingaan nie.


Hulle hoof operahuis.

Dewan Filharmonik Petronas
 Die beter konsertsaal is egter in die voet van die Petronas toring. Ons het Mahler se 5'e simfonie gaan kyk ("the Dewan Filharmonik Petronas, or Petronas Philharmonic Hall, is Malaysia's first purpose built concert hall for classical music and home of the Malaysian Philharmonic Orchestra").






Die Skybar in die hotel. Peperduur; uitgebook.

Die hotel met die grootste en beste ontbyt in die hele wereld. Iets vir elke smaak.