22.12.14

Kuala Lumpur - argitek se droom

Ek en Marinda het twee dae gehad om KL te verken. Die plek is vol energie en lewe, en honderde pragtige geboue, groot groen parke, speelplek vir oud en jonk. Ons het by die Traders hotel gebly wat so 'n kilometer vanaf die Petronas Towers af is (oorkant hulle "central park").

Traders Hotel is deel van die ICC. Tydens ons besoek was daar 'n beauty & cosmetics expo; Marinda was daar; ek het 'n uur gaan slaap.





Binnekant van die Suria KLCC; massiewe shopping center.


'n Baie besige restaurant in die KLCC. Hulle groet jou met terne soos "sharp sharp" en "yebo!!"

Die underground wat deur die hele KL vleg. Spotgoedkoop (omtrent R1 per km).




Die argitektuur is 'n pragtige ballans tussen oud en nuut; mislim en westers.



Een van vele markte - elkeen met sy eie kleure en geure (Chinese, Indies, etc.)





Hier koop mens taxi kaartjies voor die tyd; geen taxi drywer kan mens hier bedonner nie.

Die paleis; mens kan nie ingaan nie.


Hulle hoof operahuis.

Dewan Filharmonik Petronas
 Die beter konsertsaal is egter in die voet van die Petronas toring. Ons het Mahler se 5'e simfonie gaan kyk ("the Dewan Filharmonik Petronas, or Petronas Philharmonic Hall, is Malaysia's first purpose built concert hall for classical music and home of the Malaysian Philharmonic Orchestra").






Die Skybar in die hotel. Peperduur; uitgebook.

Die hotel met die grootste en beste ontbyt in die hele wereld. Iets vir elke smaak.





13.12.14

'n Moerse laat vlug

Na die kongres en 'n heerlike week in Bangkok het ons een aand baie laat Kuala Lumpur toe gevlieg. Eers na middernag daar opgedaag. Ook nie besef dat alle ATM's in Malaysia tussen middernag en 02:00 af is nie; geen geld om die taxi te betaal nie! Gelukkig was daar 'n oulike ou op die lughawe wat vir hierdie vreemdeling 30 ringgit (sowat R100) geleen het. Daar is goeie mense orals. 




Die trein tussen die lughawe en die sentrale stasie in KL. Wat baie indrukwekkend is, is dat mens op die treinstasie jou bagasie vir jou vlugte reeds kan inboek en boarding passes kan kry. Oppad uit het dit ons baie tyd gespaar.

En toe ons teen omtrent 02:00 in ons hotelkamer instap was hierdie ons uitsig. Fantastiese hotel (Traders).

Bangkok - Night Life

Bangkok is werklik die stad wat nooit slaap nie. Almal kom uit in die nag. 'n Interessante mensel van eksotiese geure en reuke vloei in die strate. Mense van reg oor die wereld shop in malls en straatmarkte. 

En daar is die hele dag lank druk verkeer.

Ons moes net weer 'n draai gaan maak in Patpong - die nagmark met die die strip clubs. Ek moet se, die plek is heelwat makker as 15 jaar gelede (met ons honeymoon).


Die laaities speel sokker in die stegies diep in die nag. Hul mammas verkoop iets erens.





Hier was 'n klomp mense rondom hierdie twee. Dit was glo 'n uitstekende game; gespeel deur twee plaaslike meesters.


Ek het gemengde gevoelens oor hierdie plek. Nogal exciting en sexy, maar die girls het verveeld gelyk..

En buite in die strate is daar 'n oordadigende geloofsuitlewing. Mens wonder of dit real / opreg is...