1.4.13

Nog 'n pragtige dag op die strand

Die pad wat ons elke keer strand toe stap by die Blue Bend hotel. Die kinders geniet die plek vreeslik baie. Dit is heerlik om in die lagoon te swem en op en aft e dryf saam met die stroom.



Ek en Jan-Hendrik soek spinnekoppe; daar is heelwat pragtige natuurlike dinge om op die strand en in die bosse rondom die see te sien.



Lana raak stadig maar seker gewoond aan die strand. Sy het aanvanklik niks van die sand gehou nie.













Darem lekker om ‘n kind te wees!!



























'n Bekende gesig

Daar is mense soos die Humans oral.






31.3.13

Afrika verjaardagpartytjies

Een van Jan-Hendrik se maatjies is die bestuurder by ‘n wildsplaas buite Oos Londen.
Daar is min plekke soos ‘n leeu hok vir ‘n 4-jarige se kinderpartytjie.













Die laities dink dis moerse snaaks om hul gate vir die kamera te wys as daar fotos geneem word...





Jan-Hendrik se pêl Neil Evans.







Lyk na ‘n baie nice plek vir ‘n naweek getaway. Sal nog sien.






Op 'n skooluitstappie strand toe

Die kindertjies, mooi uitgevat in spandrag, begin die 2km tog af strand toe van die skool af al langs die agterstraatjies af, met verskeie mammies wat kom help om orde te handhaaf. Almal vol energie aanvanklik.





Juffrou loop voor.





Iemand se skoene skaaf hom. Iemand is effe in opstand oor die gedagte (van loop)...









En die son brand skerp. Dis warm. Waar is die see nou?











Wel verdiende versnapperinge toe hulle uiteindelik op die strand arriveer.









Dit is skool after all en daar word gesoek na skulpe en goggas op die strand.



‘n Groot skip wat die hawe binne kom.






Power Crystal roomys

Chocolate roomys + 10 minute in ‘n hoekie = mooiste smile in die wêreld...













On a rainy day

Gisteraand het die Evans gesin by ons kom kuier. Die kinders het besluit om Jan-Hendrik se kamer te trash.
Daar is baklei, maar hulle was almal te moeg om te besef. Mamma het (al weer) skoon gemaak.





Vanoggen wakker geword met slegte weer (eintlik nat en reënerig die afgelope drie dae). Daar is dan nik sbeter om te doen as om TV te kyk nie. Ons het ‘n paar movies op MNET se BoxOffice gekoop. ‘n Lekker lui dag saam met die kinders.





Sonsondergang op ons erf

Een middag laat, gewapen met KFC, bevind ons onself op ons pragtige erf. Sit en praat oor die uitleg van die huis.
Ons probeer om die fantastiese naggeluide in te neem maar die kinders raas vreeslik. Die bonnet van die bakkie is die perfekte speelplek.





“Kyk, daar’s my skool!!”







Sussa vat ‘n slukkie dop. Boeta dink dis moerse snaaks. Hy het haar die idee gegee.