14.7.12

Innibos se karnaval

My beursie het gebloei, maar die gesiggies het dit alles die moeite werd gemaak. Die kinders was op elke ride waarop hulle kon gaan; gespeel totdat hulle pootuit was. Ons ook. Dit was 'n hoe-intesiteit agtermiddag!!


Pappa, waar is Mamma?



Sy konsentreer sterk wanneer sy bestuur.


Hy kan nie sy beurt afwag om 'n stampkarretjie te kry nie. Hy sien al maande lank hierna uit...



Mamma is die co-pilot. Hy is reg vir serious stamp. Sy lyk bietjie skrikkerig.


Moment of impact.
Ja my liewe vrou, daar is 'n kind in elkeen van ons.


Hulle veg teen G-force.


'n Baie trotse Pa, met 'n pragtige dogter, en 'n uitgeputte beursie.
Dit was oor en oor die moeite werd.

Maak my dag!!

My dogter kom kuier vir my by die werk.
Die beste deel van 'n besige dag!!



Klassieke kamers by Innibos

Ek het die voorreg gehad om deel te neem by die eerste probeerslag van Klassieke kamers by Innibos. Dit het plaasgeving by La Villa Vita, 'n pragtige gastehuis in Nelspruit, met 'n sterk ou Italiaanse karakter.

Italiaans, met meer as 'n stukkie bosveld...





Die plek het pragtige tuine en 'n binnehof-swembad area wat in tydskrifte en movies behoort te wees. Die plek het 'n wonderlike atmosfeer geskep wat bygedra het tot 'n heerlike klassieke musiek ervaring (vir kunstenaar en konsertganger).






Eers was dit ons (ek, Walter Fourie en Janette Rottcher) met vier mooi werke vir tenoor, viool en klavier.


Hier is ek saam met Zanta Hofmeyr. Ek sien vreeslik uit na ons gesamentlike konsert in Augustus, en dit was 'n baie groot voorreg om haar beter te leer ken tydens Innibos. Sy voel vir my soos family!


Zanta en Susan Mouton het pragtige duete vir viool en tjello gedoen in die tweede klassieke kamer.


Die ene konsentrasie...


Daarna, saam met 'n lekker koppie sop en 'n broodjie, het ons almal geluister na die Drakensberg se seunskoor met die sing van 'n paar bekende en onbekende koorwerke. Baie indrukwekkend soos altyd.


Sommige groot geeste is ook daar waargeneem, soos o.a. Tobie Cronje.


Die laaste klassieke "kamer" was 'n ewe indrukwekkende optrede deur die bekende Jannie Moolman.

Die klassieke kamers inisiatief was 'n groot sukses hierdie jaar. Vier konserte, almal vroeg al uitverkoop. Volgende jaar sal hulle selfs groter gaan.

'n Seker bekende kritikus (een-of-ander Paul Something) het ons eerste konsert bygewoon, en soos die duiwel dit wou he was almal wat opgetree het siek. Hy kon homself natuurlik nie help om hier-en-daar negatiewe kommentaar te lewer nie.

Dit het my laat dink aan die einde van die pragtige kinder movie Ratatouille, waarin die kritikus Anton Ego se laaste publikasie lees as volg:

"In many ways, the work of a critic is easy. We risk very little yet enjoy a position over those who offer up their work and their selves to our judgment. We thrive on negative criticism, which is fun to write and to read. But the bitter truth we critics must face is that, in the grand scheme of things, the average piece of junk is more meaningful than our criticism designating it so. But there are times when a critic truly risks something, and that is in the discovery and defense of the new. Last night, I experienced something new, an extraordinary meal from a singularly unexpected source. To say that both the meal and its maker have challenged my preconceptions is a gross understatement. They have rocked me to my core. In the past, I have made no secret of my disdain for Chef Gusteau's famous motto: Anyone can cook. But I realize that only now do I truly understand what he meant. Not everyone can become a great artist, but a great artist can come from anywhere. It is difficult to imagine more humble origins than those of the genius now cooking at Gusteau's, who is, in this critic's opinion, nothing less than the finest chef in France. I will be returning to Gusteau's soon, hungry for more".

Dalk moet mnr. Paul Whatever agteroor probeer sit, die son op sy rug voel, die wonderlike scenery inneem, en sy hart laat versag. Dis after all 'n fees. Shame...


Salfies vir die wonde

Sussa se kop is nog seer van die groot val en sy wil nie eintlik smile nie.
Mamma en Jan-Hendrik probeer haar "op cheer", maak grappies met haar en lag vir haar...



Nee, ek wil nie eintlik glimlag nie.
My image is geskaad!!!
Om so op jou gesig te val...
Wat 'n vernedering...
Wat moet die ouens dink?



Aaaag OK, Pappa.
Vir jou sal ek glimlag!!

Best buddies!!

Best buddies!!!
Die spesiale band tussen Ma en seun is baie duidelik in hierdie foto.

Die lewe se stampe...

Ek het met my scooter by die trappe voor Mamma se praktyk afgery, en eers op die derde trap met my gesig my val gebreek. Ek het nie vreeslik baie gehuil nie. Ek is 'n tawwe meisie!!

Blitsbesoek aan die lab in Witbank

Oorgebly by 'n baie oulike gastehuis met die naam van "Die Stroois". Ons het gedink ons gaan koud kry, maar met die warm lyfies van jou kinders rondom jou sal mens nooit regtig koud word nie.


Oulike kompakte plekkie met eintlik baie slaapplek.




Baie oulike mense in die lab ontmoet. Hier is Melony en assistent in die histologie lab. Hard aan die werk. Hulle het my baie beindruk want hulle doen alles self - data entry, cut-up, prosessering (per hand), sny, kleuring, coverslipping en shipping. Baie impressive!!


Splinternuwe kliniese lab in die nuwe Kosmos hospitaal, klein maar baie besig. Onder die wakende oog van "Oom" Hennie Combrink (hulle het glo almal voor hom groot geword). Ek het net weer besef dat 'n lab eintlik extended family is.

Kinders en hul emosies

Hierdie is 'n baie cool foto, geneem in die Spur in Witbank. Amper asof sy wil se "dink jy ek is stupid". Die gesiggie laat my bietjie dink aan 'n ene juffrou Vi$$er wat sing "I fink you freaky and I like it alot..."


Die rou en baie basiese emosie van aggressie. Hy was eintlik baie gelukkig met die neem van die foto. Just acting... he does it well...

Badtyd is speeltyd

Uit die Spur uit in die bad in.

In die winter speel ons buite

Jan-Hendrik en Lana sal ure lank met hul trokkies buite rond hardloop. Hy voor, sy kort op sy hakke. Sy doen alles wat hy doen. Hy is op hierdie stadium die "coolste" ouboet ooit. Laat in die middae wanneer dit koud en donker word, speel hulle nog steeds. My kindertjies is pragtig!!