Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
23.4.11
Lana se doop!
Sondagoggend, 3 April 2011; ons doop vir Lana my pragtige dogter!!!
En saam met haar is nog 8 ander babas gedoop; 'n rekord in die gemeente.. (al die pappas lyk so effe oorgewig; ons almal werk te hard dink ek)
Ek het vir my dogter en vir my pragtige vrou van 12 jaar 'n mooi stuk musiek gespeel aan die einde van die diens. Meditation van Massenet. Goed gegaan behalwe vir een klein hakplekkie (en ek dink net my ma het dit gehoor). Volgende keer wat ek spesiaal vir Lana in die kerk speel is seker met haar troue... in die toekoms gaan ek seker maak dat sy SAAM met my speel.
Hoe lyk geluk? So... (terwyl ek hierdie blog entry skryf luister ek na die middel beweging van Brahms se dubbelkonsert; en ek veg teen so 'n lastige traan in my oog; so - weet ek - voel geluk...)
Jan-Hendrik het die hele oggend vir almal gegrom en gebrul; selfs in die kerk moes ek hom in sy binnebeen knyp om nie oor te gaan tot 'n volledige kop-gooi-oop-bek groot-pappa-brul nie; ek kyk vir die dominees en hy kyk vir die gemeente... gelukkig toe los hy die brullery en gee my 'n kopstamp of twee. Ek kon die mense hoor giggle...

Brul, brul, grom...

Na die tyd het ons 'n heerlike onthaal-tee by Sheppards Boutique hotel gehad; wonderlike mense, wonderlike kos, wonderlike uitsig oor die Laeveld. Een van my gunsteling plekke in die Laeveld!!

cheeeeese...

Naamgenote... baie trotse ouma!! Dankie Ouma, vir die pragtige rok wat julel laat maak het vir my pragtige dogter op hierdie spesiale dag in haar lewe!!
Die hele familie kom kuier!!
Vir Lana se doop (en sommer ook vir die viering van ons 12'e huweliksherdenking) het ons amper die hele familie hier gehad. Andrew en Tanya, Jan en die span (Annette, Annies, Nelia), DJ (Elmien kon ongelukkig nie kom nie), en al die Oupas en Oumas was hier. Conraad het onlangse oogoperasies gehad en hy en Verushka kon nie kom nie.
Ons het seker gemaak dat die plek mooi netjies is, maar die netheid het letterlik net 'n paar minute gehou - kinders is soms effens verwoestend...
En hulle het elke aand moeg gaan slaap; die klomp (en sommer ook die bure se dogtertjie) het mekaar stukkend gespeel!
Die helikopter was een van die vele geskenke wat Nelspruit toe gekom het. Jan-Hendrik slaap omtrent saam met hierdie helikopter (al 'n paar keer stukkend)

Die Oupas moes maar rus wanner hulle die geleentheid gekry het; eintlik het niemand daardie naweek gerus nie. Daar was net te veel wat moes gebeur...
Dit was 'n lekker warm naweek in die Laeveld (mens kan dit nou - 3 weke later - glad nie glo nie; blerrie yskoud soos ek hier sit). Daar is die hele tyd geswem en gespeel. Die "helikopper" "vlieg" heelwat vinniger as jy met hom in die hand teen 'n moerse spoed kaalgat om die swembad ry op die skoetertjie... een van daai goed wat mens nooit objektief sal kan navors nie...
Jan was so bietjie siek, maar ek dink selfs hy het so bietjie ontspan in die Laeveld se lekker warm weer. Hy't al ons pynpille opgedrink... glo hoofpyn... griep, of so iets...
Tanya en ek het so bietjie te diep in 'n paar bottels goeie wyn gekyk; plaaslik aangeskaf; kwaliteit so-so; julle weet mos ons verskeidenheid in die Laeveld is so effe beperk. Ek moes dalk iemand gevra het om vir my goeie wyn van die groot stad af saam te bring... NET 'N GRAPPIE, TANDJIES!!!
Zamalek... 3 miljoen mynswartes kan mos nie verkeerd wees nie... so sê Andrew, en hy KEN daai manne...
Kyk net hoe groot het al die pragtige dogters geword... Annies begin meer en meer soos haar Ma lyk...

En Oupa Chris kyk of daar iets van hom in klein Lana se gesiggie is... sy lyk weer baie soos haar eie mamma...
Dit was nie baie moeilik om vir Jan-Hendrik besig te hou nie; daar was speelgoed, kryte, potlode, boekies, stickers... ORALS.... Kyk daai hotklou... En daai hot ma...
Daar is rondom die vuur baie k@k gepraat; trust my...
Slaap eers na daar musiek gemaak word. Annie speel pragtig die klavier; Nelia wil so graag, en Jan-Hendrik dink hy kan...



Ons padda kuiergas het natuurlik weer sy verskyning gemaak by die huis; buite het ek en my skoonpa die SASOL paddaboekie gevat en hom mooi geidentifiseer as een-of-ander skuimpadda (regte naam reeds vergeet). Tans sit hy doer bo op die horlosie teen die muur in ons slaapkamer, en hy is nou al daar (in dieselfde posisie) vir omtrent drie weke... presies bo-op die 12 uur posisie. Ek los hom maar; ek wil graag kyk wat sy plan is..
Weens 'n natterige deurslaandoek het Jan-Hendrik groot vreugde verskaf deur die niggies se pienk goed aan te trek; eintlik dink ek dat hulle dit vir hom aangetrek het...
Ons het seker gemaak dat die plek mooi netjies is, maar die netheid het letterlik net 'n paar minute gehou - kinders is soms effens verwoestend...
Subscribe to:
Posts (Atom)