Dit is 'n wonderlike plek, en daar was heerlike gesonde kos. Die musiek was self baie goed.
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
24.2.11
Konsert by Sheppards Boutique Hotel..
Die afgelope Saterdag- en Sondagmiddag het ons weer konserte gehad by Sheppards Boutique Hotel in Nelspruit. Die tema was musiek uit die Britse eilande. Ek het die volledige G mineur sonata van Henry Eccles en Salut d'amour van Elgar gespeel; met groot sukses. Dis lekker om weer bietjie te oefen.
Dit is 'n wonderlike plek, en daar was heerlike gesonde kos. Die musiek was self baie goed.

Dit is 'n wonderlike plek, en daar was heerlike gesonde kos. Die musiek was self baie goed.
Sussa se eerste doktersbesoek..
Haar ses weke ondersoek; en alles lyk normaal. Sy was selfs stil tydens die ondersoek, maar die inspuitings het 'n klomp verborge haat en aggressie in haar ontketen. Julle weet seker wat ek bedoel...


Jan-Hendrik was vreeslik geïnteresseerd in die hele gedoente. Hy het aanvanklik met die dokter (Pierre Taljaard) baklei omdat hy aan Lana vat; maar met die tyd het hy selfs begin hulp verleen.
En toe gebeur iets wat hy nie verwag het nie - sy eie HepA booster inspuiting. Hoogs verontwaardig; in goeie Afrikaans lekker die moer in vir alles en almal... Ek het nie skuldig gevoel nie; 'n klein bietjie seer in sy eie beste belang.
23.2.11
Beste buddies; en 'n boks...
Ongenooide kuiergas...
'n Paar dae gelede, met die eerste voet deur die deur terug van die werk af sê Marinda vir my dat "Rassie 'n fight verloor het"; en ek visualiseer al 'n hond wat vol gate gebyt is deur een van die honde in die straat, of dat hy geskop is deur een van die bobbejane wat soms op en af in ons strate loop...Buite sit 'n effe patetiese hondjie met toe-geswelde ogies, en die vrees wat ek nog al die jare onderdruk het spring na die oppervlakte... F%kkit!! Spoegkobra!! In my erf!! Waar Jan-Hendrik speel!!
En ek dink aan die vele kere wat ons Jan-Hendrik alleen buite laat rondloop het om te verken omdat die agtererf (so glo ons) "toe" en "veilig" is...
Ek laai die patetiese en effe bewerige hond in my bakkie (dis nou natuurlik net hare waar jy kyk) en gaan kuier vir ou John Luyt (ons veearts; woon net so twee blokke weg; altyd daar behalwe op Woensdagmiddae wanneer hy gholf speel; onbeskikbaar op Wonesdagmiddae nou al vir seker 55 jaar).
"No doubt, Piet, Mozambican spitting cobra..." en hy was Rassie se ogies uit; Rassie effe weerstandbiedend, brand seker vreeslik.
En hy gooi steroied oogdruppels in beide oë (mens kan net-net die ogies oopkry, shame).
"Try not to use all of this", en hy gee die buisie vir my, "and store it somewhere cool so you can use it next time"... next time... dit pla my.
"and don't use it on the kids"...
en ek bespeur nie 'n glimlag of 'n grin nie. Hy is ernstig...
En hy weier om enige geld by my te vat vir die besoek en die medisyne nie. "I don't have an oversized 4x4 to pay off, Piet", sê hy en sien ons af...
Vreemde ervaring.
Rassie was die volgende oggend al heelwat beter.
14.2.11
Nuutste gesinsfotos!!
Toe Lana omtrent twee weke oud was het ons vir die gebruiklike fotosessie gegaan; by die fotograaf Tarryn Finkelstein (http://www.photographicdesign.co.za/); en soos altyd het sy uitstekende werk gedoen!! Hier volg net 'n paar fotos. Ons het letterlik honderde fotos, en elkeen is ook in swart en wit. Ek het besluit om vir die blog net kleurfotos te gebruik. Enjoy!!
13.2.11
My klein baba dogtertjie!!!
My groot sterk seun!!
Jan-Hendrik het gister sy Pa gehelp om die hek te verf. Met houtolie. Wat 'n gemors...
Daar was olie orals; gemors op die plaveisel, geverf op die staalwerk, op die klere, die kop, die hare. Dit het langer gevat om hom skoon te kry!! Maar dit was heerlik om so saam-saam iets te doen; ek en my seun!!

Vandag het hy vir drie minute alleen stil geword in dy kamer; ons was onder die indruk hy het 'n slapie gevang voor Cbeebees. Maar toe nie; hy het die bottel baba poeier in die hande gekry en sy kamer in 'n witterige gemors verander (wat heel lekker ruik). Baie trots op homself. Ons was nie een kwaad nie; dit was regtig baie snaaks. (Emily kom môre...)
Daar was olie orals; gemors op die plaveisel, geverf op die staalwerk, op die klere, die kop, die hare. Dit het langer gevat om hom skoon te kry!! Maar dit was heerlik om so saam-saam iets te doen; ek en my seun!!
Ons vier fees by die werk!
Ciska het verjaar, en ons het SANAS akkreditasie geslaag sonder enige "findings". My kantoor is die nie-amptelike kuierplek van die Histologie departement (ek glo aan die uiterste vorm van 'n "open door policy"). Op die manier hoef ek nooit agter my mikroskoop uit op te staan nie, en die left-overs bly in my kantoor...
Ek dink ons het elke reël van SANAS oortree - ons maak die kos warm op 'n histo-hotplate; drank in die lab, kos en histologie skyfies langs mekaar, ens.
Subscribe to:
Posts (Atom)




















