
Ek het hierdie keer baie lank gewag om nuwe fotos op die blog te sit. Onder is al die fotos sedert die begin van 2015. Groete, Piet
14.2.11
Nuutste gesinsfotos!!
Toe Lana omtrent twee weke oud was het ons vir die gebruiklike fotosessie gegaan; by die fotograaf Tarryn Finkelstein (http://www.photographicdesign.co.za/); en soos altyd het sy uitstekende werk gedoen!! Hier volg net 'n paar fotos. Ons het letterlik honderde fotos, en elkeen is ook in swart en wit. Ek het besluit om vir die blog net kleurfotos te gebruik. Enjoy!!

13.2.11
My klein baba dogtertjie!!!
My groot sterk seun!!
Jan-Hendrik het gister sy Pa gehelp om die hek te verf. Met houtolie. Wat 'n gemors...
Daar was olie orals; gemors op die plaveisel, geverf op die staalwerk, op die klere, die kop, die hare. Dit het langer gevat om hom skoon te kry!! Maar dit was heerlik om so saam-saam iets te doen; ek en my seun!!

Vandag het hy vir drie minute alleen stil geword in dy kamer; ons was onder die indruk hy het 'n slapie gevang voor Cbeebees. Maar toe nie; hy het die bottel baba poeier in die hande gekry en sy kamer in 'n witterige gemors verander (wat heel lekker ruik). Baie trots op homself. Ons was nie een kwaad nie; dit was regtig baie snaaks. (Emily kom môre...)
Daar was olie orals; gemors op die plaveisel, geverf op die staalwerk, op die klere, die kop, die hare. Dit het langer gevat om hom skoon te kry!! Maar dit was heerlik om so saam-saam iets te doen; ek en my seun!!
Ons vier fees by die werk!
Ciska het verjaar, en ons het SANAS akkreditasie geslaag sonder enige "findings". My kantoor is die nie-amptelike kuierplek van die Histologie departement (ek glo aan die uiterste vorm van 'n "open door policy"). Op die manier hoef ek nooit agter my mikroskoop uit op te staan nie, en die left-overs bly in my kantoor...
Ek dink ons het elke reël van SANAS oortree - ons maak die kos warm op 'n histo-hotplate; drank in die lab, kos en histologie skyfies langs mekaar, ens.
10.2.11
Heerlike lui-lekker niks-doen naweek by die huis..
Wat doen mens op 'n Saterdagoggend as daar diks is om te doen anders as TV kyk en lê nie... Wel; jy begin jou dag deur vir Ouma te bel...
En dan neem jy fotos van die goggas in die tuin...
Sy is deesdae baie wakker, en kyk vreeslik rond. Wel; sy skreeu as daar niks is om na te kyk nie; sy raak rustig as ons die ligte aan sit en vir haar CNN wys. Slim kind; baie geïnteresseerd... (Jan-Hendrik was ook so...)

Hy is nog steeds mal oor haar; wil haar die hele tyd vashou en soen; maar as sy begin huil dan los hy haar vinnig...




Lana is nou al amper 6 weke by ons in die huis!! Tyd vlieg vreeslik!! Op hierdie dag (afgelope Saterdag) het ek wakker geword met die idee dat ek niks gaan werk nie; ek het saam met Jan-Hendrik gaan swem (was nogal koud); in my slaap klere (hy het gedink dis vreeslik snaaks); dit laat droog word aan my lyf terwyl ons langs die swembad gelê het; rondgeloop in die tuin; rugby gekyk; nog 'n paar keer geswem met dieselfde klere aan; en later die aand maar net weer daarin gaan slaap... Die huis is 'n lekker plek.
Subscribe to:
Posts (Atom)