10.2.11

Heerlike lui-lekker niks-doen naweek by die huis..

Wat doen mens op 'n Saterdagoggend as daar diks is om te doen anders as TV kyk en lê nie... Wel; jy begin jou dag deur vir Ouma te bel...

En dan neem jy fotos van die goggas in die tuin...

En dan neem jy fotos van die goggas in die huis...
Sy is deesdae baie wakker, en kyk vreeslik rond. Wel; sy skreeu as daar niks is om na te kyk nie; sy raak rustig as ons die ligte aan sit en vir haar CNN wys. Slim kind; baie geïnteresseerd... (Jan-Hendrik was ook so...)


Hy is nog steeds mal oor haar; wil haar die hele tyd vashou en soen; maar as sy begin huil dan los hy haar vinnig...


Kyk daai oë - lyk vir my maar baie blou...

In goeie kontras met meneer se chocolate-bruin oë.. Ek het darem pragtige kinders!!!




Close-up van haar regter oog; blou, né?

Lana is nou al amper 6 weke by ons in die huis!! Tyd vlieg vreeslik!! Op hierdie dag (afgelope Saterdag) het ek wakker geword met die idee dat ek niks gaan werk nie; ek het saam met Jan-Hendrik gaan swem (was nogal koud); in my slaap klere (hy het gedink dis vreeslik snaaks); dit laat droog word aan my lyf terwyl ons langs die swembad gelê het; rondgeloop in die tuin; rugby gekyk; nog 'n paar keer geswem met dieselfde klere aan; en later die aand maar net weer daarin gaan slaap... Die huis is 'n lekker plek.