Dis die groot dag – rooi vs. blou... Ons wag al die hele jaar hiervoor; waar die manne van die seuns geskei gaan word.
Kom!!! Ons gaan hardloop!!
Sussa doen ‘n pich report...
Kameras gelaai!! (Marinda is nie die beste kameravrou in die wêreld nie...)
And they’re off. Boeta met ‘n slegte start. Na die eerste paar paces is hy so drie meter agter, maar nog steeds tweede...
Hy identifiseer die voorste man...
Hy besef wat gedoen moet word...
Begin met sy eindpoging...
Haal in... meter vir meter nader en nader...
Oog stip op die eindstreep... vasberade...
En die gaping...
...word al kleiner...
En kleiner...
Amper gelyk...
Wat toe gebeur is dat die manne in mekaar in vasgehardloop het, geval het dat jy net stof en kalk sien spat; en nie een van hulle het die eindstreep oorgesteek nie. Die mammas moes help, troos, bemoedig. Lewenslesse word geleer. Herinneringe word geskep en diep in ons almal se koppe vasgemessel. ‘n Dag wat nie een van on sooit sal vergeet nie. My seun het guts; hy kan; hy is ‘n champion!!!
Ons leer om te aanvaar wat ons nie kan verander nie. Ons leer dat die lewe nie fair is nie. En ons leer dat teleurstellings onbelangrik is as jy jou beste gegee het.
Kyk Boeta. Pappa het ‘n traan in sy oog.
Baie geluk my seun!! Jy is ons Champion!!!