17.6.12

Vinnige besoek aan Oos Londen

Ek en Marinda was vir twee dae vinnig Oos Londen toe om die lab daar te besoek en bietjie die plek te verken. Die details van die besoek sal later volg. Ek was verbaas - dis 'n groot, mooi plek; pragtige strande, mooi woonbuurte, groot skole, baie besige lab.


Ons het een aand in 'n gastehuis in Gonubie geslaap; lekker saam met Archie Rudman en sy vrou gekuier; die plek plat gery.



Dit is die uitsig by die gastehuis (Gonubie Point). Pragtige groot skool dolfyne gesien.




Gonubie strand.





Die see uitsig by Blue Bend.



Nahoon beach.



Oos Londen se gholfbaan.



Die plaaslike inwoners.